Meilland Haus Garden Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 13, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Meilland Haus Garden Cottage is 'n bekoorlike selfsorgkothuis in Prins Albert. Dié dorp skuil aan die voet van die Swartberge in die Karoo en bied 'n verskeidenheid doendinge soos olyf- en kaasproe, sterrekyk, voetslaan, bergfietsry- en 4x4-roetes, jogaklasse, kooklesse by 'n plaaslike kookskool en verken. historiese terreine.
Dié kothuis het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag. Die slaapkamer is toegerus met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Die eenheid beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en Nespresso-koffiemasjien, breekware en eetgerei. Verdere luukshede sluit 'n TV met DStv, Netflix en ShowMax, gratis WiFi, lugversorging, 'n binne-kaggel, 'n onderdakstoep met buitebraai en veilige parkeerplek in.
Die kothuis word voorsien van kwaliteit katoenbeddegoed, handdoeke, koffie, tee, melk, suiker en vuurmaakhout. Ontbytmandjies, braaipakke en piekniekmandjies is op versoek beskikbaar.
Ander aktiwiteite vir die besoeker is die weeklikse boeremark op Saterdagoggende, optredes by The Showroom, besoek aan die plaaslike Fransie Pienaar Museum en begeleide historiese staptogte. Daar is 'n verskeidenheid antieke winkels, kunsgalerye en gesogte restaurante in Prins Albert. Gewilde daguitstappies sluit 'n besoek aan Weltevrede Vye-plaas, die Swartbergpas en Gamkaskloof, ook bekend as Die Hel, en Meiringspoort in. Volg die skilderagtige Groenfonteinpad na Calitzdorp, besoek Merweville en nabygeleë natuurreservate. Ervaar skilderagtige sonsopkomste en sonsondergange.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Martina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Kerkstraat 13, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
- Gaste dink Meilland Haus Garden Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Prins Albert Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 13, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang