Meilland Haus Garden Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 13, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Meilland Haus Garden Cottage is 'n sjarmante selfsorg-kothuis in Prins Albert. Hierdie dorp skuil aan die voet van die Karoo se Swartberg en bied verskeie aktiwiteite, soos olyf- en kaasproe, sterrekyk, voetslaanpaaie, bergfietsroetes, 4x4-roetes, joga-klasse, historiese gebiede en kookklasse by die plaaslike kooksool aan.
Dié kothuis bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Daar is 'n kombuis wat volledig met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, Nespresso-masjien, eetgerei en breekware toegerus is. Ander geriewe sluit 'n TV met DStv, Netflix, Showmax, gratis WiFi, lugversorging, 'n binnenshuise-kaggel, onderdakstoep met 'n buitebraai en veilige parkeerplek in.
Die kothuis word met gehalte-linne, handdoeke, tee, koffie, melk, suiker en vuurhout voorsien. Ontbytmandjies, braaipakke en piekniekmandjies is op versoek beskikbaar.
Verder kan gaste die weeklikse plaasmarkie op Saterdag-oggende, optredes by The Showroom of begeleide staptoere bywoon, sowel as die Fransie Pienaar-museum besoek. Daar is talle antiekwinkels, kunsgalerye en gesogte restaurante in Prins Albert. Gewilde uitstappies sluit die Weltevrede Vye-plaas, die Swartberg-pas, Gamkaskloof (ook bekend as Die Hel) en Meiringspoort in. Gaste kan ook die uitsigrit van Groenfontein na Calitzdorp neem, Merweville en nabygeleë natuurreservate besoek en die beeldskone sonopkoms en -ondergang beleef.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Martina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Kerkstraat 13, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
- Gaste dink Meilland Haus Garden Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Prins Albert Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 13, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang