Menlyn Boutique Hotel
- Kapasiteit: 56 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tugela-straat 209, Ashley Gardens, Pretoria, 0081, Gauteng
- Vanaf R2 180 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Menlyn Boutique Hotel is 'n plek waar luuksheid, rustigheid en kuns ontmoet. Ons is trots op die beste geriewe gekombineer met elegante kamers wat smaakvol versier is in 'n warm en verwelkomende atmosfeer, met wonderlike persoonlike diens en 'n oog vir detail.
Dié vyfster-hotel is in die hartjie van die Tshwane-metropool en bied wêreldgehalte verblyf, fynproewerdisse en puik konferensiegeriewe. Dit maak voorsiening vir plaaslike maatskappye, besighede en ambassadeurs wat Suid-Afrika se hoofstad, Pretoria, kom besoek. Die hotel verwelkom ook plaaslike gaste en bied met trots ons puik restaurant, Blaq Restaurant, aan. Die hotel is gerieflik geleë - 2 minute vanaf die N1-hoofweg en maklik bereikbaar vanaf die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg.
Mynlyn Boutique Hotel het al lof ontvang vir sy puik balans tussen luukse ontspanning en professionele diens. Gaste ontvang uitstekende waarde vir geld en ons druk ons persoonlike stempel op al ons aanbiedinge af. Ons het 6 Express-kamers, 10 pragtig ontwerpte Standaardkamers, 8 ruim Executive-kamers, 2 selfsorg-eenhede en 1 Presidensiële Suite. Al die kamers is luuks en ruim. Ons het konferensiegeriewe wat vir uiteenlopende behoeftes voorsiening maak, inlsuitend klein, intieme byeenkomste, medium-grootte direksiekamers en lokale vir tot 80 afgevaardigdes.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Reservations Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Tugela-straat 209, Ashley Gardens, Pretoria, 0081, Gauteng
- Gaste dink Menlyn Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 56 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tugela-straat 209, Ashley Gardens, Pretoria, 0081, Gauteng
-
TGCSA-gradering: