Milas Place
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dorhillstraat 2, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Vanaf R1 090 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Milas Place is in Somerset-Wes en is sentraal geleë met maklike toegang tot winkels en restaurante. Hierdie B&B-verblyf bied ook 'n selfsorg-opsie met 'n sitarea en 'n kombuis met 'n uitsig oor 'n park met 'n bergfietsryroete, rolbalklub en 'n tennisbaan.
Mila's Place kan ook as 'n geheel bespreek word. Daar is 4 slaapkamers waarvan 2 'n en suite-badkamer het en gaste in die ander 2 slaapkamers deel 'n badkamer. Die drie slaapkamers op di eeerste verdieping het elk 'n dubbelbed, tee- en koffiemaakgeriewe sowel as ekstra komberse. Die gesinskamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n slaapbank geskik vir 2 kinders onder 12 jaar, 'n TV, mikrogolfoond, yskassie en 'n ketel. Alle gaste het toegang tot 'n gedeelde sitarea en 'n kombuis.
'n Kontinentale ontbyt is beskikbaar.
Daar is baie restaurante en aktiwiteite in die area soos om by een van die plaaslike gholfbane gholf te speel, middagete by een van die wynplase of bergfietsry. Die strand is slegs 10 minute se ry vanaf die verblyf.
Die naaste lughawe is die Kaapstad Internasionale Lughawe wat sowat 26 km vanaf die verblyf is.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Reuben Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Dorhillstraat 2, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Milas Place het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dorhillstraat 2, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang