Mjejane River Lodge
- Kapasiteit: 26 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N4, 2 km verby Hectorspruit, Hectorspruit, 1230, Mpumalanga
- Vanaf R11 104 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mjejane River Lodge is aan die oewer van die Krokodilrivier, een van die Krugerwildtuin se grootste riviere geleë, en is omring deur duisende hektaar ruwe Afrikawildernis. In hierdie omgewing is waterbronne ook bronne van lewe. Die rivierhabitat lok alle tipes wild wat op soek is na kos en drinkwater. Hier ontmoet jagter en prooi, loop lewe en dood hand-aan-hand, en wag asemrowende wild-ervarings op jou.
Die lodge bied verblyf in verskeie eenhede, naamlik die Standaardkamer vir 2, Luukse Kamer vir 2 en Luukse Wittebroodsuite. Elke Standaardkamer het lugversorging, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Ander geriewe sluit 'n haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe in. Die Luukse Kamers spog elk met 'n uitsig oor die rivier, lugversorging, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamers met 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n haardroër, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskassie. Die kamers lei na privaat stoepe. Die Wittebroodsuite is op die boonste verdieping van die hoofgebou geleë en het lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n haardroër, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n uitsig oor die rivier aan die anderkant van die swembad.
Afrika het 'n eeue-oue ritme wat weerspieël word in die gasvryheid van haar mense. Van die eerste vriendelike verwelkoming tot jou ontdekkingsreis deur die Afrika-bosveld saam met 'n ervare wildbewaarder, tot 'n aandete onder die sterre en 'n dansende vuur in die lekker kuierboma, na die gerieflike individueel versierde slaapkamers met lugversorging en die hartseer koebaai's wat heeltemal te vroeg kom.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Ingrid Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Langs die N4, 2 km verby Hectorspruit, Hectorspruit, 1230, Mpumalanga
- Gaste dink Mjejane River Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Mjejane Game Reserve Mpumalanga
- Kapasiteit: 26 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N4, 2 km verby Hectorspruit, Hectorspruit, 1230, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang