Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mkuze Falls Private Game Reserve

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R66, PO Box 238, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R9 680 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Mkuze Falls Private Game Reserve is in die hartjie van die geskiedkundige Zoeloeland in KwaZulu-Natal geleë. Dit is net een van twee privaat wildreservate in die omgewing waar jy die Groot 5 te siene kan kry - leeus, luiperds, buffels, renosters en olifante. Voëlkenners stroom hierheen om die 400 plus voëlspesies te sien.

Die chalets het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die Luukse Wittebroodsuite het 'n koninggrootte-bed en 2 matrasse vir kinders. Ander geriewe sluit 'n yskassie, telefoon, kluis, plafonwaaier, lugversorging en muskietnette in. Die eenheid het 'n privaat uitkykdek, privaat swembadjie en buitestort.

Die Mkuze Falls Safari Suite is by die hoof-lodge geleë en het 'n ruim leefarea en slaaparea wat albei uitsigte het oor die Mkuze-rivier en waterval. Die suite is klein, maar gerieflik en het 'n goed toegeruste kombuis, en soos al die ander chalets 'n waaier, lugversorging en en suite-geriewe. Die privaat buitestort langsaan en swembadjie is ruim en privaat. Die Safari Suite het sy eie terras met 'n unieke uitsig oor die rivier.

Hierdie wildlodge, 'n privaat Groot 5-wildreservaat het 'n uitsig oor die watervalle aan die noordelike oewer van die Mkuze-rivier wat in die middel van dié 12 000 hektaar-perseel geleë is. Oggend- en aand-wildritte in oop Land Rovers met ervare gidse en spoorsnyers is beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Wildritte
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Baie goed

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Mkuze Falls Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • R66, PO Box 238, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Mkuze Falls Private Game Reserve het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 9 680
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 9 680
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R66, PO Box 238, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEyODliNzEwLWIxZTMtNGZiMS05ZjIxLWY3MjliM2RjZTk1NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R9 680 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 R66 PO Box 238 3170 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -27.520445 31.651619

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang