Modern Leisure
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunbird-rylaan 74, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Modern Leisure is 'n asemrowende nuutgeboude selfsorghuis in Langebaan. Dit is in 'n luukse woonbuurt en net 5 minute se ry vanaf die Langebaan-strandmeer, Shark Bay-strand, verskeie restaurante en winkels.
Dié huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en gaste deel die gebruik van die badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Dit lei na die etenstafel wat op sy beurt lei na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV. Daar is ook 'n binnenshuise kaggel. Boonop het gaste toegang tot gratis WiFi en ononderbroke kragtoevoer tydens kragonderbrekings.
Die huis lei na die ruim erf met buitesitplek en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Chelsea Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 14
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Sunbird-rylaan 74, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunbird-rylaan 74, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap