Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mongu

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mongoose-straat 2477, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R4 800 per nag, vir 12 mense

Beskrywing

Mongu bied verblyf in 'n gerieflike selfsorghuis met slaapplek vir 12 gaste in Marlothpark, net 300 m van die Krokodilrivier en 600 m van die uitkykpunt af.

Dié dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed vir 'n kind. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die 2 kamers maak gebruik van 2 badkamers wat 'n bad of 'n stort het.

Die ander 2 slaapkamers is op die onderste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens het. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die kamers deel die gebruik van die aparte gastetoilet.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, potte, panne, 'n skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word.

Gaste kan in die groot, oop sitarea wat 'n TV met Netflix, DStv en WiFi het ontspan en dié area het ook lugversorging.

Daar is 'n swembad, groot bomabraai, asook parkeerplek onder die bome.

Marlothpark bied die geleentheid om 'n verskeidenheid vrylopende wild te sien en gaste kan ook voëlkyk, fietsry, stap en vierwielmotorfietsry. Die dorp het 'n waterpark, putt-putt-baan en basiese geriewe soos 'n drankwinkel, restaurant, bakery, kuriowinkel en 'n vulstasie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 4 Slaapkamers 5 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet met bidet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet met bidet

Slaapkamer

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbed vir 1

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Bad, Toilet met bidet

Badkamer

Stort

Badkamer

Toilet met bidet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Jan B
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut die moeite werd. Heerlik gekuier. Skoon en netjiese plek. Attention to detail.
Sep 2024
Jeanne L
Gesin met tieners
5.0
Kort naweek kuier met familie. Verblyf was baie aangenaam in 'n stil deel van Marloth binne loopafstand van die rivier. Verblyf was ruim vir die ses g...
Sien meer
Jul 2024
Chane W
Gesin met tieners
5.0
We enjoyed our stay. Our stay at Mongu was truly magical. It was comfortable, clean and met all our needs. The animals come to the hous...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Maria P
Gesin met klein kinders
5.0
Enjoyed the stay a lot! Lovely, quiet stay with lots of animals visiting often.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Laura R
5.0
Amazing. Die feit dat jy krag het met loadshedding en amazing WiFi is so lekker. Die plek is pragtig. Tannie wat jou ontvang se diens is uitstekend!
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Liesel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 32

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Mongoose-straat 2477, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Mongu het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 800
per nag, vir 12 mense
Vanaf
Vanaf R 4 800
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mongoose-straat 2477, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1a0107baa53ec84e52d9431be942fed417240be4d9b5268c56e82a75bdfa28088091cf42b4adc9f5a015afab914cab5f5269?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 800 per nag, vir 12 mense 32 5 1 5 2477 Mongoose Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.339303720253 31.785426701515

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang