Monomotapa Village
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 38 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Haakdoringweg, Legend Gholf- en Safari-oord, Sterkrivier, 1685, Limpopo
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Monomotapa Village is in die Groot Vyf bewarea van Entabeni geleë. Dit bied 'n wonderlike boswegbreek waar gaste uit die gewoel van die stadslewe kan ontsnap. Hierdie oord is 3 uur se ry vanaf Johannesburg en is in een van die weelderigste en mooiste omgewings, die Waterberg, geleë.
Verblyf is beskikbaar in 3 chalets: Die Vierslaapkamerchalet met 'n privaat swembad, Drieslaapkamer Gesinschalet met 'n stoep en 'n Tweeslaapkamer Gesinschalet met 'n stoep.
Die Vierslaapkamerchalet met 'n privaat swembad het 4 slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer het. Twee van die badkamers het elk 'n stort en die ander 2 het baddens. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Verder is daar 'n kombuis wat ten volle met 'n mikrogolfoond, ketel, yskas, vrieskas, broodrooster, stoof, oond en skottelgoedwasser toegerus is. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n aparte kuierarea, sitkamer, braai en vuurput.
Die Tweeslaapkamer Gesinschalet met 'n stoep het 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Een van die badkamers het 'n bad en die ander badkamer het 'n stort. Die oopplan-leefarea het 'n ten volle toegeruste kombuis, eetarea en 'n sitarea wat na die stoep met braaigeriewe lei.
Die Drieslaapkamer Gesinschalet met 'n stoep het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad, en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en hierdie gaste deel 'n badkamer wat 'n stort het. Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n mikrogolfoond, ketel, yskas, vrieskas, broodrooster, stoof, oond en skottelgoedwasser toegerus is. Daar is ook 'n eetarea en sitarea wat na 'n stoep met braaigeriewe lei.
Die Waterberg-streek in Limpopo is 'n betowerende landskap met grootliks onontdekte berguitsigte, diep klowe, antieke rotskuns, strome en savanne, elk ryk aan inheemse plantlewe, voëllewe en wild, insluitend die Groot 5.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Beekman Holidays Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 527
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Haakdoringweg, Legend Gholf- en Safari-oord, Sterkrivier, 1685, Limpopo
- Kapasiteit: 38 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Haakdoringweg, Legend Gholf- en Safari-oord, Sterkrivier, 1685, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang