Montague 4 Seasons
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bath-straat 56, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Montague 4 Seasons bied verblyf in 3 selfsorgkothuise op 'n pragtige, privaat perseel in die hartjie van Montagu. Die kothuise is stapafstand van al die bekende monumente, museums, geboue met interessante argitektuur en restaurante.
Die kothuise skuil in 'n pragtige tuin en besoekers kom spesifiek hierheen vir die rus en vrede en die voëltjies wat elke nuwe dag met 'n entoesiastiese getjilp begroet. Elke kothuis het 1 of 2 slaapkamers, 'n badkamer, sitkamer-area en 'n volledig toegeruste kombuis. Gaste het ook toegang tot onderdakparkeerplek, 'n swembadjie wat met sonkrag verhit word en braaigeriewe (hout en braaigereedskap word voorsien).
Gaste word verwelkom met vars vrugte, melk in die yskas, vars beskuit, koffie, tee, suiker en selfs 'n bottel muskadel of yskoue witwyn.
Doendinge in die omgewing sluit die warmwaterbron (3 km buite die dorp), veilige staproetes, perdry, rotsklim en bergfietsry in. Gaste kan gerus ook 'n draai maak by die wynkelders, Montagu se droëvrugtefabriek en die Saterdagmarkie oorkant die toerismekantoor.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Carina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 140
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Bath-straat 56, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Montague 4 Seasons het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bath-straat 56, Montagu, 6720, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering: