Montana Self Catering Guesthouse
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Presidentstraat 11, Hennenman, 9445, Vrystaat
- Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Montana Self Catering Guesthouse bied lieflike selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van Hennenman. Dit is 'n wonderlike opsie vir paartjies, alleenreisigers of 'n groot gesin aangesien hierdie huis in 2 gedeel is en ook as 'n geheel bespreek kan word.
Dié huis bied 2 eenhede genaamd Blackthorn of Sagefields wat albei 2 gaste op 'n slag kan akkommodeer. Blackthorn is ingerig met 'n koningingrootte-bed en Sagefields het 2 driekwartbeddens. Albei eenhede het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien.
Daarbenewens het albei eenhede 'n knus leefarea met 'n kombuisie wat toegerus is met 'n lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Elke spasie het 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek. Sagefields het ook lugversorging.
Die twee eenhede kan deur 'n gesin gehuur word aangesien daar 'n deur vanaf elke eenheid is wat uitloop op die patio, sodat almal die gemeenskaplike sosiale area kan gebruik en heen en weer tussen die eenhede kan beweeg. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Petro Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Presidentstraat 11, Hennenman, 9445, Vrystaat
Sien meer verblyf in Hennenman Ventersburg Noordelike Vrystaat Vrystaat
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Presidentstraat 11, Hennenman, 9445, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang