Mountain Retreat in UNESCO Biosphere
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blennastraat 181, Rooi-Els, 7196, Wes-Kaap
- Vanaf R7 250 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Mountain Retreat in UNESCO Biosphere is 'n stil selfsorg-toevlug in Rooi-Els in die Wes-Kaap binne 'n UNESCO-biosfeergebied wat deur berge omring word. Dit is die ideale plek vir natuurliefhebbers. Die huis is 'n argitektoniese kunswerk en is net 50 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af op die Walviskus, met 'n uitsig oor die tuin, dorp en 'n vrydraende balkon wat ontwerp is om bobbejane uit te hou. Die huis is 23 km van Gordonsbaai en 26 km van Kleinmond af wat die naaste kruidenierswarewinkels bied.
Die huis het lugversorging en slaapplek vir 8 gaste in 3 oop en suite-slaapkamers. Daar is ook 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n oop en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en 'n oopplan-stort, toilet en wasbak. Daar is 'n studeerarea langs een van die slaapkamers met 'n dubbelslaapbank met plek vir 2 ekstra gaste.
Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Die losstaande trap lei na 'n leefarea met getinte vensters wat 'n aangename temperatuur in die huis verseker en lugversorging. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n ingevoerde Fratelli Onofri-oond, gasstoof, yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n aparte opwasarea. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en die sitarea het 'n L-vormige rusbank. Die leefarea vloei gemaklik saam met die onderdakstoep wat 'n buite-etenstafel, 'n braai en 'n Jacuzzi het. Onderdakparkeerplek is beskikbaar op die perseel.
Rooi-Els se intieme rotsstrand kan binne sowat 5 minute se stap bereik word of gaste kan so 10 minute na Dappat se Gat ry vir 'n asemrowende strand-ervaring. Hier kan jy die omliggende grotte verken nadat jy in die see afgekoel het. Let dat die strand steil trappe het tot by die sand. Stony Point se pikkewynkolonie is net 12 km ver of jy kan op Kleinmond se strandmeer kajakvaar en 'n oog oophou vir die plaaslike wilde perde wat langs die waterrand wei.
Dit is 'n afgeleë dorpie met 'n hele rits buitelugaktiwiteite soos branderplankry, voetslaan, kajakvaar, staanroei, stranduitstappies en toprestaurante binne 'n 55 km-radius.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Channing Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Blennastraat 181, Rooi-Els, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink Mountain Retreat in UNESCO Biosphere het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Rooi-Els Suidkus Walvisroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blennastraat 181, Rooi-Els, 7196, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang