Mountain Dew Guest Rooms
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Disa-sirkel 5446, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Mountain Dew Guest Rooms is in die voorheuwels van die Kogelberge met 'n uitsig oor die pragtige vakansiedorpie, Bettysbaai, en die oseaan in die verte. Dié gastehuis is die ideale basis vanwaar gaste verskeie besienswaardighede in en óm Bettysbaai kan verken.
Daar is 'n ateljeewoonstel wat deel is van die hoofperseel, maar dit het 'n privaat ingang en 'n stoep met 'n hek vir privaatheid.
Die ateljeewoonstel het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien, asook koffie, tee, melk, 'n strykyster en 'n strykplank.
Die kombuisie is met verhit-en-eetgeriewe soos 'n mikrogolf, lugbraaier, broodrooster, eierkoker, yskassie, eetgerei en breekware toegerus.
Die ateljeewoonstel het 'n platskerm-TV met Open View-kanale, 'n DVD-speler met DVD's en gratis WiFi. Daar is ook 'n privaat braai-area.
Daar is verskeie sitareas waar gaste die uitsig oor die see, meer en op die berge kan inneem.
Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.
Mountain Dew Guest Rooms is 3 km van die Stony Point Natuurreservaat af en 3,5 km van die Silver Sands-strand af. Dit is ook stapafstand vanaf die hoofstrand, 'n winkel en 'n restaurant.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Thelma Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 138
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Disa-sirkel 5446, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Gaste dink Mountain Dew Guest Rooms het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Silversands Bettysbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Disa-sirkel 5446, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang