Beskrywing
'n Voortreflike strandhuis met pragtige uitsigte, 3 slaapkamers, 2 badkamers, binne-kaggel, buite-braai en verhitte handoekrelings. Die slaapkamers sluit in 3 - 1x dubbelbeddens, 2 x 3/4-beddens, 2 x enkelbeddens.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Tariewe
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Geen geraas of partytjies word toegelaat nie. Die eienaars behou die reg van voor om enige bespreking sonder teugbetaling te kanselleer, indien die reëls oortree word.
Let dat die huis op ’n openbare strand wat baie besig en raserig gedurende vakansies kan raak, geleë is.
Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Geen kinders onder die ouderdom van 6 word toegelaat nie.
Die balans moet 7 dae voor die inklokdatum betaal word.
Geen gaste sal op Goeie Vrydag, Kersdag of Nuwejaarsdag kan inklok of uitklok nie.
Sleutel- en breekskadedeposito:
'n Sleutel- en breekskadedeposito moet saam met die deposito vir die bespreking betaal word. Dit sal via bankoorplasing binne 5 tot 7 werksdae ná die uitklokdatum, nadat die huis nagegaan is om te bevestig dat alles in orde is, terugbetaal word. Let dat die sleuteldeposito teruggehou sal word en ekstra fooie gehef sal word indien meer gaste as waarvoor bespreek is op die perseel aangetref word. Gaste moet asb. hulle bankbesonderhede met aankoms gee. Die sleutels sal onder geen omstandighede oorhandig word as die sleutel- en breekskadedeposito nie ontvang is nie.
Minimum-verblyftydperk:
2 nagte gedurende die stil- en middelseisoen
3 nagte oor langnaweke
4 nagte oor Paasnaweek
7 nagte gedurende die spitsseisoen
Gaste moet eers by die kantoor inklok om die sleutels op te tel. Wanneer gaste by Paternoster inry,moet hulle links by die vierrigtingstopstraat draai. Die "Stay in Paternoster"-kantoor is sowat 75 m verder, aan die regterkant, by St Augustine-weg 87.
Inkloktyd:
Let dat 'n fooi van R200 gehef word, indien gaste later inklok as die tyd wat op die bepalings en voorwaardes aangedui is.
Maandag tot Donderdag: van 14:00 tot 17:00
Vrydag: van 14:00 tot 19:00
Saterdag en Sondag: van 14:00 tot 16:00
Openbare vakansiedae: van 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: Stiptelik om 10:00 op die uitklokdatum, tensy anders gereël. Enige eenheid wat nie teen 10:00 ontruim is nie sal R200 per uur, of 'n gedeelte daarvan, beboet word vir elke uur wat die uitkloktyd oorskry word.
Bly asb. te alle tye respekvol.
Partytjies en harde musiek word nie toegelaat nie. As jy of jou besoekers julself wangedra, het die eienaar die reg om jou bespreking te kanselleer en jou te vra om te vertrek.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 85%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 20%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
28 Die Kom, Seeduiker Street, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang