Nature's Charm
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oribi-straat 1205, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Nature's Charm is 'n ruim selfsorghuis wat gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende in Marlothpark bied. Marlothpark is 'n 3000 ha-wildbewarea en vakansiedorp op die suidelike grens van die Krugerwildtuin, tussen Malelane en Komatipoort. Dit is die ideale vakansiebestemming vir natuurliefhebbers.
Die grasdakhuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer op die eerste verdieping het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer op die grondverdieping het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, lugbraaier, skottelgoedwasser, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Die ruim sitarea het gemaklike sitplek en lei na 'n houtstoep, swembad, ingeboude braai en 'n etenstafel met stoele. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Oribi-straat 1205, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oribi-straat 1205, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang