Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ndlovu Addo River Lodge

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R336, Dunbrody Addo, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ndlovu Addo River Lodge bied rustige oornagverblyf langs die Sondagsrivier, 20 km buite Kirkwood. Dit is 'n eko-vriendelike lodge 30 minute vanaf die Addo Nasionale Olifantpark en dis ideaal vir 'n romantiese wegbreek.

Hierdie pragtige lodge bied verblyf in 5 oopplan-kothuise met lugversorging en 'n struktuur-safaritent met lugversorging wat op die rivieroewer geleë is. Elke kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed met gehaltelinne. Kothuis 1 tot 4 het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort en die vyfde kothuis se badkamer het 'n bad en 'n stort.

Elke kothuis beskik ook oor 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Kothuis 5 is ideaal vir 'n wittebrood aangesien dit met 'n privaat Jacuzzi op die stoep spog. Al 5 kothuise het privaat braaigeriewe.

Die Safari-tent bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Die tent het ook 'n kombuisie wat met 'n lugbraaier, yskassie, eetgerei, breekware en 'n Nespresso-koffiemasjien toegerus is. Buite is daar 'n lieflike houtdek met sitplek en 'n uitsig oor die see. Gratis WiFi is in elke eenheid beskikbaar.

Ndlovu Addo River Lodge is ideaal vir natuurliefhebbers aangesien apies en voëls gereeld die lodge besoek. Alle gaste het toegang tot die hooflodge se gemeenskaplike swembad. Bevrore maaltye is teen 'n ekstra koste beskikbaar en kan in die eenheid gekook word. 'n Kontinentale ontbytmandjie kan ook op versoek gereël en afgelewer word.

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Karen V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, rustig, kos vir die siel! Die grondpad kort bietjie aandag, maar ten spyte daarvan het ons heerlik gekuier. Die rustigheid en pragtige natuur...
Sien meer
Sep 2024
Anso V
Saam met vriende
5.0
Dit is 'n heerlike plek om te bly. Goed ingerig, baie netjies en pragtige tuine. Ons het 'n fantastiese tyd gehad.
Apr 2024
Michelle R
Saam met lewensmaat
5.0
The place to stop in Kirkwood. Everything from the start to end of our stay was amazing. We couldn't have asked for anything else. We w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Wicus S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies en gerieflik met oorgenoeg spasie. Was baie gelukkig om te hoor dat daar sonkrag is vir die noodsaaklikhede.
Jan 2023
Johan B
Saam met lewensmaat
4.8
Goed vir die siel. Idilies, absolute rustigheid, pragtige kamer! Kan dit hoogs aanbeveel!
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Luc Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Langs die R336, Dunbrody Addo, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
  • Gaste dink Ndlovu Addo River Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R336, Dunbrody Addo, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9009bc9e79633c81244c3be5aca683a3745403d4c3a77955fbcc835f408c4edeff8a15edba5744ac803530b049c523092e67?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 Off the R336 Dunbrody Addo 6120 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.44435 25.517718

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang