Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nelheim

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saturnusstraat 3, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 R638 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Nelheim is in die dorpie Vredenburg, Weskus geleë. Vanaf Vredenburg is dit 'n maklike rit na die bekoorlike dorpe Paternoster, Saldanhabaai, Langebaan, Jacobsbaai en St Helenabaai.

Verblyf word gebied in 2 selfsorg-eenhede wat langs die hoofhuis geleë is.

Die Tafelberg-eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n aparte badkamer met 'n bad en stort. Die sitarea het 'n TV met Netflix en Showmax. Dié eenheid het 'n kombuistoonbank wat toegerus is met 'n mikrogolf, broodrooster, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n klein wasbak om eetgerei af te spoel. Geregte kan op versoek deur die Nelheim-personeel gedoen word. Die eenheid het 'n buite-area met 'n braai.

Die Tuin-woonstel beskik oor 2 slaapareas. Die 1 oopplan-slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en kombuisarea, terwyl die tweede slaapkamer 'n driekwartbed en 'n dagbed het. Die tweede slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die eenheid lei na 'n privaat tuin. Die kombuis is toegerus met 'n ketel, broodrooster, mikrogolf, yskas-vrieskas, gasstoof, oond en eetgerei vir 4 mense. Die eenheid het 'n braai en buitesitplek.

Ander geriewe sluit gratis WiFi en veilige parkeerplek CCTV in. Daar is ook 2 vriendelike honde op die perseel.

Nelheim is net 2 km vanaf die Weskus Mall en sowat 1 km vanaf Life Weskus Privaat Hospitaal.

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 68 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Annelize H
5.0
By die huis! Net op 'n ander dorp. Een van die beste gastehuise - ongelooflik vriendelik ontvang (al was ek bietjie vroeg) - laat jou tuis voel en han...
Sien meer
Okt 2024
Sanet S
Besigheidsreis
5.0
Rustige nag gewees. Die plek is toeganklik en skoon en alles is daar wat jy nodig het vir selfsorg.
Jul 2024
Dawie/wilma V
5.0
Was vir besigheid, net daar geslaap. Alles was perfek, dankie.
Jun 2024
Kobus P
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker slaap en beste beskuit ooit! Ek is bly ons het so 'n lekker plek gevind om te kan oorslaap.
Mei 2024
Kobus N
Besigheidsreis
5.0
Het meeste van die tyd gewerk maar die omgewing is baie mooi. Stil en rustig. Dit was baie lekker na 'n lang dag se werk.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Doreen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 68

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Saturnusstraat 3, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nelheim het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
R 750 R 638
per nag, vir 2 mense
Vanaf R750
R 750 R 638
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saturnusstraat 3, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c5ce31c16b84ebca4ea769b1aef818f727ca5023b2fab4494335d8cecb066d048676c54c0568156325e3e933679746f2cc4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R750 nouVanaf R638 per nag, vir 2 mense 68 5 1 5 3 Saturnus Street Vredenburg 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.91277657146 17.976201563544

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang