Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Neptunes Terrace 44

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Da Gama-weg 14, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Neptunes Terrace 44 is 'n woonstel in 'n sekuriteitskompleks wat net 1 blok vanaf Jeffreysbaai se hoofstrand geleë is. Dié gewilde branderplankry-bestemming gee die gevoel van 'n klein dorpie en bied ongerepte strande en uitstekende branders.

Die woonstel het slaapplek vir 5 volwassenes en 1 kind. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n aparte toilet. Daar is ook 'n slaapbank vir 'n kind in die leefarea.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n wasmasjien toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n tafel met sitplek vir 6 gaste, 'n TV met DStv en 'n gemaklike sitkamerstel. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n gasbraai. Veilige parkeerplek is in 'n motorhuis beskikbaar.

Jeffreysbaai bied 'n verskeidenheid aktiwiteite, soos swem, branderplankry, visvang, kanovaart, perdry, gholf, riviervaarte en vierwielmotorfietsroetes.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

1

1 x Kinderbank vir 1

Badkamer

Stort, Bad

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
DStv
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Eden N
Saam met vriende
5.0
Such a convenient location. It was beautiful! Would have loved it if there was WiFi, but it's not a deal breaker.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Christiaan B
Saam met vriende
5.0
Skoon, netjies en baie gerieflik! Al verskeie kere hier gebly en elke keer is net so lekker soos die vorige keer!
Aug 2024
Inge D
Gesin met tieners
5.0
Ons het baie lekker gebly, sal weer daar bly. Ons het net een aand daar gebly, maar alles was skoon en netjies, en dit was bekostigbaar. Baie dankie.
Aug 2023
Leclue M
Saam met vriende
5.0
The perfect getaway. I highly recommend Neptunes Terrace 44, very secure complex, central, walking distance from beach and all fun acti...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2023
Emmerentia W
Gesin met tieners
4.4
Was baie aangenaam. Lekker plek naby see en eetpekke. Ideaal vir families. Veilige parkering. Sal definitely weer terug gaan na Neptunes Terrace 44.
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Helga Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 103

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Da Gama-weg 14, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Neptunes Terrace 44 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Da Gama-weg 14, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPZOJmpucWpbNU7d0FUmeLDD3YB43UWxkloeANrG2pMQao3HXgE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6) 19 5 1 5 14 Da Gama Road Jeffrey's Bay 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.0543378 24.9223505

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang