Pick your preferred language

English

Afrikaans

+159
Selfsorg in Kimberley

Newlands Country Lodge

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 80 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Midlands Road, Kimberley, 8306, Noord-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Newlands Country Lodge is op 'n plaas in die buitewyke van Kimberley en is net 10 km van die middedorp af.

Verblyf is beskikbaar in selfsorg-plaaseenhede. Daar is chalets vir 4 gaste met lugversorging, 'n privaat badkamer, stoep, ingeboude braai en 'n kombuis wat met 'n mikrogolf, yskas, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook eenhede wat geskik is vir 2 gaste en dié eenhede het elk 'n privaat badkamer en 'n kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolf, tweeplaatstoof en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.

Verder is daar 2 huise wat geskik is vir 12 gate en dit is ideaal vir rugsakreisigers en groot groepe. Gaste het toegang tot gedeelde badkamergeriewe met storte, toilet en/of baddens. Elke huis het 'n braai-area, TV-kamer en 'n kombuis wat met 'n mikrogolf, yskas, stoof en/of oond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.

Elke eenheid het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Verwarmers, elektriese komberse, strykysters en broodroosters is gratis en op versoek beskikbaar.

Die perseel spog met 'n braai-area, klimraam, veilige onderdakparkeerplek vir voertuie, motorfietse, trokke, sleepwaens en karavane, asook 24 uur-wagte.

Die lodge is net langs die N12 wat dit ideaal maak vir 'n oornagstop vir diegene wat tussen Gauteng en die Wes-Kaap reis. Die lodge is ook geskik vir gaste wat langer wil bly. Daar is alternatiewe toegangsroetes via Midlands-weg op pad na Upington en Namibië.

Die lodge bied 'n lieflike atmosfeer met mooi sonsondergange oor die dam vir kothuise 1 tot 8 en 'n rustige tuin vir die ander eenhede.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek

Resensies

3.4/ 5

Gebaseer op 195 resensies


Netheid
3.6
Ligging
2.9
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.5
Veiligheid
3.5
Gaste se hoogtepunte
Lizel F
Gesin met tieners
5.0
Rustig. Baie dankie vir uitstekende diens.
Mrt 2025
Regina C
Saam met vriende
4.8
Was very short but we received service quickly and efficiently. Stay was pleasant even though it was only 1 night. The place was clean ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Johan P
Gesin met klein kinders
4.8
Baie lekker plekkie. Mooi plek en 'n stoep om die sonsondergang te kan geniet. Meerkatte wat daar bly is mooi om na te kyk. Kinders is welkom en daar ...
Sien meer
Jan 2025
Blackie S
Saam met vriende
4.6
Plek is netjies maar die pad is sleg. Plek was baie mooi en netjies, net die pad na die perseël is glad nie goed nie, maar ons is ingelig daaroor.
Okt 2025
Wendy B
Saam met lewensmaat
4.6
Was rustig en verwelkomend. Dit was 'n heerlike plek met personeel wat verstaan en baie tegemoetkomend is.
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.4/5

Newlands Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 195

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Midlands Road, Kimberley, 8306, Noord-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 650
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 650
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Midlands Road, Kimberley, 8306, Noord-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 80 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7T40KECPMCvDPKQ6QRbPpB0zA8EM3LN4ZX6KQ2tQDEGza1iyf0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 195 5 1 4 Midlands Road Kimberley 8306 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.653565275162 24.730663150549
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang