Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nivica Lifestyle Apartment

Selfsorg
Op die Nippertjie-aanbod 25% af

Kry 25% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jon Olafsson-weg 59, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 R1 350 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Nivica Lifestyle Apartment is 'n pragtige selfsorgwoonstel met moderne kenmerke in 'n veilige kompleks in Olifantskop, Langebaan aan die Weskus. Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie aangesien dit reg oorkant 'n groot, gemeenskaplike swembad is.

Die woonstel is op die grondverdieping en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n sentrale eiland met stoeltjies toegerus is. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank en 'n slim-TV met Netflix, Disney+, YouTube en DStv Now. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n paar bordspeletjies.

Skuifdeure lei na 'n onderdakstoep met 'n tafel, stoele en ingeboude braaigeriewe. Dit is die ideale plekkie vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie met 'n uitsig oor die swembadarea.

Die kompleks is stapafstand van die strand af en is naby die Weskus Nasionale Park, die Langebaan-strandmeer, Laguna Mall, Club Mykonos-oord en Casino en gewilde restaurante. Plaaslike aktiwiteite sluit waterponieritte, vierwielmotorfietsritte, sonsondergang-bootvaarte, vlieërplankry en gholf in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Eleanor C
Gesin met klein kinders
5.0
My naweek was rustig en baie lekker. Dit is altyd lekker om te weet jy is veilig en jy het alles tot jou beskikking wat jy benodig tydens 'n wegbreek ...
Sien meer
Sep 2024
Maria D
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker en netjies. Baie lekker gebly vir die naweek. Sal dit beslis weer bespreek en aanbeveel. Vir die eienaar gee ek 10/10 vir haar diens.
Jun 2024
Lizelle W
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful family break away. Loved this apartment. It was modern, clean and had everything we needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Nazley C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie privaat. Eie spasie baie privaat. Sal enige een aanbeveel om 'n draai te gaan maak.
Sep 2023
Franklin P
Gesin met klein kinders
5.0
Ons het waarlikwaar ons naweek geniet. Baie dankie. Die swembad was ook baie lekker.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Safwan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 12

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Jon Olafsson-weg 59, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nivica Lifestyle Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
R 1 800 R 1 350
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
R 1 800 R 1 350
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jon Olafsson-weg 59, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9b61fb1dc1e754f22fb0d7150f00c3742688a408eb5354ada34a8b9831cb04aed4d099f078997818ac35170b518d1fdce206?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 800 nouVanaf R1 350 per nag (plek vir 6) 9 5 1 5 59 Jon Olafsson Road Olifantskop 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.05089914226 18.050960898399

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang