Nosterdomus
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schoonerklip-straat 11, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Vanaf R3 740 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Nosterdomus beteken "Ons Huis" in Latyn. Dié luukse huis is in Paternoster, 'n gewilde toeristebestemming met wêreldbekende restaurante, geleë en bied die geleentheid vir kajakvaart, dolfyn- en walviskyk en diepseehengel.
Dié huis het 3 pragtig versierde slaapkamers. Daar is 3 dubbelkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en daar is 'n gesinsbadkamer wat die gaste in die ander 2 slaapkamers deel met 'n bad en stort. Die hoofslaapkamer en een van die ander kamers bied 'n see-uitsig.
Gaste kan ook 'n lieflike see-uitsig vanuit die sitarea geniet. In die winter kan gaste lekker met 'n boek by die knetterende vuurtjie in die sitarea se kaggel ontspan. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Buite is daar 'n klein plonspoel waarin gaste kan afkoel.
Die dorpie is sowat 150 km vanaf Kaapstad op die R27, en 15 km noordwes van Vredenburg geleë. Dit is 'n gunsteling naweekbestemming. Die Weskus is bekend vir sy ryk verskeidenheid dier- en plantspesies en die groot endemiese plantegroei wat die Weskus 'n baie spesiale plek vir veldblomliefhebbers maak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sanet Geverifieer
Eiendomme 62
Resensies 833
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Schoonerklip-straat 11, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Nosterdomus het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schoonerklip-straat 11, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang