Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ocean Spirit

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gull-weg 80, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 700 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ocean Spirit is 'n lieflike strandhuis in die pragtige kusarea van Pringelbaai. Dit bied 'n pragtige uitsig oor die see en daar is 'n plonspoel wat dit ideaal maak vir 'n vakansie saam met die gesin of 'n groep vriende.

Hierdie perseel bied verblyf aan 4 gaste en dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer is 'n oop solderkamer wat 'n uitsig het oor die sitarea. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping en dit het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die ruim leefarea het 'n oopplan-ontwerp en die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, wynkoeler, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n toonbank en stoele, sowel as 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n eetarea met sitplek vir 6 en 'n knus sitarea met 'n kaggel. Daar is ook 'n tweede sitarea met 'n kaggel. Hierdie huis het nie 'n TV nie, maar daar is gratis WiFi.

Die hoofarea het stapeldeure wat toegang bied tot 'n onderdakstoep met 'n buite-tafel. Daar is 'n houtdek met sonstoele langs die swembad en braai-area.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Anneke Geverifieer

Eiendomme 26

Resensies 103

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Gull-weg 80, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ocean Spirit het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gull-weg 80, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcdf00ba9e6bb4ce3d5227dc1d1eb92cb4882bb1aa423a17e21d6b0d852330d2c4ecadaefadc2d70daa9fe1a4b965969474d3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700 per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 80 Gull Road Pringle Bay 7196 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.3525237 18.8160202

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang