Dit was die mees onaangename vakansieplek. Sal nooit weer daar bespreek nie.
Eerstens besoek ons baie plekke en baie van die plekke se kantore is nie naby die blyplek nie, maar hulle het ons ontmoet by die blyplek en alles gewys. By Ocean Two 12 moes ons die sleutel gaan kry, en as jy dit nie terugvat met uitklok nie, word jy beboet. By al die ander plekke kon jy die sleutel êrens los en ry. Ons moes weer in die dorp inry en weer terugry om op die regte pad huis toe te kom. Die agente het ons nie verduidelik waar die blyplek is nie. Daar was 'n garage met nommer 12 op, en 'n onvriendelike opsigter het gedreig om die wiele te clamp. Hy het nie moeite gedoen om ons te verduidelik waar ons kon parkeer nie. Ons voertuig het in die son gestaan. Ons het see-uitsig gehad, dit was wonderlik, maar die hekkie na die see toe was gesluit met 'n ketting en slot. Ons moes agterom loop, ons kon nie deur die hekkie nie. Later die dag het iemand daar deurgegaan, en toe is dit weer gesluit. Daar is 'n pragtige grasperk met braaigeriewe onder 'n pa, waar seuns gespeel het. Ons kinders kon nie op die grasperk speel nie, want die hek na die grasperk was ook gesluit. Ek weet ook jou koste om see-uitsig te kry is duurder, en om direk na die see toe te gaan maak dit net soveel vinniger as jy nat is en by die blyplek wil kom. Nou moes ons ver loop met nat kinders wat ook koud kry. Geen wasmasjien, geen WiFi nie. Daar was 'n vuil mat onder die een sitplek. Die skottelgoedwasser het geen pille nie, en daar word boetes gegee vir vuil skottelgoed. Dit was vir my hopeloos te veel reels. Ek verstaan daar is mense wat baie mors, maar die sorgvryheid van vakansie hou was ons nie beskore by die plek nie. As jy uitermatig geraas maak, word jy ook beboet. Ons kinders was excited vir vakansie, maar ons het gestres gedink dalk is hulle te lawaaierig en hard gesels, dalk te hard, en ons moet nou boetes kry van die onvriendelike opsigter wat nie eens kan groet nie. Ek het maar gesorg dat die skottelgoed gewas is en die plek darem netjies lyk, maar so onseker is die vloer skoon genoeg, gaan daar nou 'n boete kom met iets nie. Van die lepels en goed was alreeds weg toe ons daar kom, en dit het my so op my senuwees, want ek het nie foto's geneem nie, bang hulle sê dit is ons en dan was dit nie ons nie. Die dag toe ons daar kom, het die kamer gestink. Dit het nie vars geruik nie.
See more