Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oceans Echo

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Echo-weg 63, Vishoek, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Vanaf R7 500 per nag (plek vir 10)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Oceans Echo bied selfsorgverblyf in Vishoek op Kaapstad se Suidelike Skiereiland, tussen die geskiedkundige dorp Simonstad en die bekoorlike dorp Kalkbaai. Die area is die ideale kombinasie van natuurskoon en lekker aktiwiteite, en weens die warmer baai, spog dit met van die beste swemstrande in Kaapstad.

Die villa sit teen die berg en bied 'n panoramiese see-uitsig wat onvergeetlike sonsopkomste verseker. Die hoofslaapkamer, tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koninggrootte-bed, die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed. Elkeen van die 5 en suite-slaapkamers is op die onderste verdieping, spog met 100%-katoenlinne en het 'n stort, badhanddoeke en 'n kluis. 'n Bababedjie is op versoek beskikbaar.

Die villa beskik oor 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea en 'n sonnige stoep wat na 'n binnehof en 'n swembad lei. Al hierdie ruimtes bied onbelemmerde see-uitsigte. Die kombuis is met 'n gas- en elektriese stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, breekware, eetgerei, potte en panne toegerus. Daar is 'n kaggel, 'n plasmaskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler in die sitarea.

Daar is WiFi, 'n buitebraai en 'n sekuriteitstelsel wat aan gewapende reaksie gekoppel is.

Oceans Echo is slegs 900 m vanaf die Jagger-staproete en Vishoek se hoofstrand - een van Kaapstad se veiligste en mooiste swemstrande. Vishoek se middedorp is ook naby en bied al die geriewe soos banke, apteke, winkels en restaurante. Kalkbaai en Simonstad is onderskeidelik net 5 km en 8 km ver.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 5 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Yvette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Echo-weg 63, Vishoek, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oceans Echo het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 7 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 7 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Echo-weg 63, Vishoek, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA337523e279fb78007077f38556fbd028f9fc3be2ff1b4ea4260e5ed7df87596bfbd6edb53d8662d74e969799bef3f76c4f14?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 500 per nag (plek vir 10) 9 5 1 5 63 Echo Road Fish Hoek 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -34.150507304838 18.438727855682

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang