Old Inchgarth B&B
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Inchgarth-plaas, Loteni-weg, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Old Inchgarth B&B bied gerieflike verblyf op 'n melkplaas in die voorheuwels van die pragtige Suidelike Drakensberge. Dis net 'n entjie se ry vanaf die gewilde Sanipas.
Verblyf word in 2 luukse dubbelkamers, die Polo-kamer en Aloe-kamer, aangebied en elkeen het 'n koninggrootte-bed, ondervloerse verhitting en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamers lei na 'n onderdakstoep met sitplek en pragtige uitsigte op die Drakensberg en oor die perdestalle.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike eetkamer en sitarea. Daar is 'n etenstafel waar ontbyt daagliks bedien word, rusbanke en 'n platskerm-TV. Die vertrek is ook met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n ketel toegerus. Braaigeriewe is beskikbaar.
Daar is verskeie doendinge op die plaas, soos perdry, fietsryroetes, voetslaanroetes, visvang in die plaasdamme vol baars en reënboogforel, pieknieks by die dam, die plaaslike rotskuns en die melkery.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Nita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Old Inchgarth-plaas, Loteni-weg, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Underberg Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Inchgarth-plaas, Loteni-weg, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang