Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

One85 In Vinko

Selfsorg
Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 31 Jan 2025.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vinko-straat 185, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Vanaf R950 R808 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

One85 In Vinko bied heerlike oornagverblyf met 'n aparte ingang op die eienaar se eiendom wat gerieflik naby die Sefako Makgatho-hoofweg in Sinoville, Pretoria geleë is. Dit is ook binne maklike bereik vanaf Montana Hospitaal asook skole soos Overkruin, Northridge en Stephanus Roos Primêr.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit is ingerig met 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien.

Hierdie woonstel het ook 'n kombuis wat toegerus is met 'n induksieplaat, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n gemaklike rusbank en 'n etenstafel met sitplek vir 2. Vir gaste se vermaak is gratis WiFi en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale beskikbaar.

Komplimentêre koffie, tee, suiker en melk word vir 1 nag voorsien. Tydens beurtkrag is 'n omskakelaar beskikbaar en sal die TV aanhou. Gaste kry veilige onderdakparkeerplek op die perseel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Leefarea 1 Badkamer

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Ronel C
5.0
Het sommer tuis gevoel. Ek sal vir seker weer daar oorslaap.
Okt 2024
Stephen K
Saam met lewensmaat
5.0
Die beste uitslaap in 'n lang tyd! Sekerlik een van die beste uitslaap ervarings ooit. Ek het nog nooit 'n gasvrou so hands-on gesien met haar gaste n...
Sien meer
Sep 2024
Hannelie W
5.0
Alles wat ons nodig gehad het en meer! Gerda is 'n wonderlike gasvrou en gaan uit haar pad om alles so gerieflik moontlik te maak. One85 In Vinko is '...
Sien meer
Mrt 2024
Christo D
Saam met lewensmaat
5.0
Naby als en baie gerieflik! Ons het baie lekker gebly. Die gasvrou is 'n uitstekende gasvrou. Netjiese en gerieflike blyplek en beslis die moeite werd...
Sien meer
Feb 2024
Pieter V
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer daar oor slaap. Baie netjies en gerieflike plek. Kon geen fout vind. Gasvrou het ons baie mooi ontvang en weer net so mooi afgesien.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Gerda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Vinko-straat 185, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Gaste dink One85 In Vinko het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
R 950 R 808
per nag, vir 2 mense
Vanaf R950
R 950 R 808
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vinko-straat 185, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA763792ef20c29d30865eccfff53bf022480d41298b85854bff644235dec90624b2c0fa711cedb3f079d481d94d2c976462b1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R808 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 185 Vinko Street Sinoville 0182 Gauteng 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -25.684042066543 28.222849325131

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang