Oranjezicht Gaste Akkommodasie
- Kapasiteit: 12 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schroderstraat 40, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Oranjezicht Gaste Akkommodasie is in Upington geleë en bied gaste luukse selfsorg-gastewoonstelle met besonderse uitsigte oor die Oranjerivier en is naby alles wat gaste mag nodig kry geleë.
Gaste het 'n keuse om die dakwoonstel vir 6, die luukse woonstel 401 met slaapplek vir 4 en die luukse woonstel 402 met slaapplek vir 2 te bespreek.
Die Penthouse is beskikbaar as 'n premium selfsorgwoonstel en die ruim woonstel beskik oor 3 en suite-slaapkamers met 2 kamers wat na die balkon en 'n studeerkamer oopmaak. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, en die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens wat in koninggrootte-beddens omskep kan word. Ongelukkig kan kinders onder die ouderdom van 10 nie in die woonstelle geakkommodeer word nie.
Die ruim luukse woonstel 401 beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.
Die luukse woonstel 402 is ideaal vir 'n paartjie en beskik oor 1 slaapkamer wat met 'n koninggrootte-bed ingerig is. Luukse woonstel 402 het slaapplek vir 2 volwassenes en geen kinders nie.
Elkeen van die pragtige woonstelle maak oop op 'n balkon met 'n uitsig oor die Oranjerivier en sy omgewing en het 'n lieflike sitkamer met 'n slim-TV met Netflix en DStv Premium.
Elke woonstel met lugversorging het 'n volledig toegeruste selfsorgkombuis met 'n stoof of gasstoof, 'n mikrogolfoond, 'n dubbeldeur yskas-vrieskas en 'n wasmasjien. Gratis onbeperkte WiFi is beskikbaar, en veilige kelderparkeerplek is beskikbaar vir alle woonstelle.
Oranjezicht Gaste Akkommodasie is binne 1 km vanaf verskeie restaurante, kruideniersware- en kleinhandelwinkels, banke, apteke en dokters, en besienswaardighede soos die Kalahari-Oranje Museum, en Sakke se Arkie-riviervaarte geleë en vorm deel van die dorp se sakesentrum.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Ilse Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Schroderstraat 40, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Gaste dink Oranjezicht Gaste Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Upington Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schroderstraat 40, Upington, 8801, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang