Oryx Wilderness Game Lodge and Tented Camp
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R567, Springfontein Plaas, Cullinan, 1000, Gauteng
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Oryx Wilderness Game Lodge and Tented Camp is op 'n wildsplaas in die Dinokeng-area,Cullinan. Hierdie verblyf is ideaal vir gaste wat graag tyd in die bosveld wil spandeer, wild wil sien en wil voëlkyk.
Verblyf word in Kurkbos Kamp of Doppruim Tentkamp gebied.
Kurkbos Kamp is 'n selfsorg-eenheid wat verblyf aan 10 gaste bied en beskik oor 4 slaapkamers met en suite-badkamers. Die slaapkamers het óf 'n koninggrootte-bed, 'n dubblebed óf 2 enkelbeddens. Die badkamers het óf 'n bad óf 'n stort.
Die kombuis is met 'n yskas, gasstoof, oond, eetgerei, breekware en kookware toegerus. Die leefarea lei na die onderdakstoep met sitplek, sowel as 'n privaat swembad en warmbad.
Die Doppruim Tentkamp kan slegs deur een groep op 'n slag bespreek word. Die kamp beskik oor 3 tente wat slaapplek aan 6 gaste bied. Elke tent het 'n dubbelbed en die badkamers het 'n stort, toilet en wasbak. Die kamp het 'n kombuisie wat met 'n gasyskas en -stoof, eetgerei en breekware toegerus is. Die hele kamp werk met sonkrag.
Daar is braaigeriewe op die perseel en geleenthede vir stap en visvang (op 'n vang-en-vrylaat-basis) in aangewese areas.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Madalize Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Langs die R567, Springfontein Plaas, Cullinan, 1000, Gauteng
- Gaste dink Oryx Wilderness Game Lodge and Tented Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gauteng
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R567, Springfontein Plaas, Cullinan, 1000, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang