Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paardekloof Plaas

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Paardekloof Plaas, Langs die R341, Barandas, 6460, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Paardekloof Plaas bied selfsorgverblyf op 'n werkende skaapplaas in Barandas, 30 km vanaf Uniondale, 60 km vanaf Willowmore en 54 km vanaf De Rust. Dit is maklik bereikbaar vanaf die R341 tussen Willowmore en Oudtshoorn. Die grondpaaie van sowat 2 km word goed in stand gehou en is toeganklik vir alle voertuie. Die plaas is die ideale toevlugsoord vir gaste wat ontspanning benodig, aangesien daar geen TV is nie.

Hierdie besonderse ou plaashuis is gerestoureer om 'n Karoo-ervaring aan gaste te bied. Die huis word as 'n geheel verhuur. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, etenstafel en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitkamer het genoeg sitplek en 'n klavier. Daar is ook 'n groot stoep met braaigeriewe.

Vuurmaakhout word vir die eerste nag voorsien. Neem asb. kennis dat rook in die eenhede verbode is en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Daar is lusern, bale en skape op die plaas, asook verskeie doendinge soos stap en fietsry. Daar is ook baie ruimte vir kinders om te hardloop en speel. Die naaste dorp met 'n vulstasie is 32 km van die plaas af, dus moet gaste daar vul.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Hannelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Paardekloof Plaas, Langs die R341, Barandas, 6460, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paardekloof Plaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Paardekloof Plaas, Langs die R341, Barandas, 6460, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA09HrkM85ysll1xqzV5QITs1YKaxvR37tg5irnHwMbfxRFmyPF4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4) 26 5 1 5 Farm Paardekloof Off the R341 6460 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.47147327874 23.044229545995

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang