Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Panda's Guest Cottage

Gastehuis
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Du Preez-straat 4, Kaapschehoop, 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Panda's Guest Cottage is in Kaapschehoop in Mpumalanga en is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf ver van die stad se rumoer. Die privaat en gerieflik netjies. Verblyf is beskikbaar in 'n ruim dubbelkamer en 'n selfsorg-eenheid.

Die dubbelkamer se naam is Panda's. Dit het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Daar is volledige DStv beskikbaar. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, mikrogolf, breekware en eetgerei. Die kothuis het sy eie privaat ingang, buitearea met tuinstel en braai. Privaat parkeerplek is beskikbaar op die perseel. Die kragopwekker word op afgespreekte tye aangeskakel. Hierdie eenheid het nie skottelgoedgeriewe nie. Die verblyf sal self die skottelgoed hanteer. Let ook asb. dat daar nie 'n stoof is nie.

The Owl's Cottage het 2 enkelbeddens, 'n kombuis, eetarea en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n ys-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware en gasstoof in die kombuis. Die kothuis het ook 'n TV met die volledige DStv-kanale en daar is ook privaat parkeerplek binne die perseel. Die buitearea is privaat met sy eie inang en het 'n tuinstel en braaigeriewe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Derek L
Saam met lewensmaat
5.0
Very enjoyable! Very friendly hosts, neat and cosy.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Petro S
5.0
Ek kan dit aanbeveel! Ek het heerlik gebly en sal graag weer wil teruggaan.
Jul 2024
Carine V
Saam met lewensmaat
5.0
Restful and charming. We loved our stay at Panda's Guest Cottage and would recommend it to everybody. It had everything you could wish ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Hendrik K
Gesin met klein kinders
5.0
Ons is gulhartig ontvang deur Des en Laetitia. Ons het die verblyf by Panda's Cottage terdeë geniet. Die akkommodasie was ideaal; skoon, netjies, ruim...
Sien meer
Jun 2024
Christine Harburn H
Saam met lewensmaat
5.0
Glorious! We loved staying at Panda's Guest Cottage - Laetitia is a wonderful host - the studio is glorious and so spacious and well eq...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Laetitia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Du Preez-straat 4, Kaapschehoop, 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Panda's Guest Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Du Preez-straat 4, Kaapschehoop, 1200, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf0b60831cc72031a0753de905e3127a6c5caf7332f7a8433117b1e080febc5b4891cc412ec1c5a9fb0f8b516d71063c32197?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 44 5 1 5 4 Du Preez Street Kaapschehoop 1200 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.5909987 30.7674609

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang