Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paradise @ 9 Perissa Santorini

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean View-rylaan 101, Shaka's Rock, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 150 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Paradise @ 9 Perissa Santorini skuil tussen die bome bo die semi-privaat Perissa-strand en spog met 'n skouspelagtige uitsig oor Ballito se hoofstrande en die Dolfynkus.

Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, lessenaar en stoel, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer het 'n asemrowende see- en stranduitsig en lei na die groot hoofbalkon. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, lessenaar en stoel, asook 'n privaat balkon met 'n see- en stranduitsig. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in die tweede en derde slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Al drie slaapkamers het lugversorging.

Die groot hoofbalkon het 'n etenstafel met sitplek vir 8, 'n Weber-braai en sonstoele. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gas- en elektriese stoof, elektriese oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, ketel, broodrooster en 'n toonbank met stoele toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en direkte toegang tot 'n derde balkon wat 'n beskutte braai-area met 'n ongelooflike see-uitsig deur die bome het. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Die sonkamer het 'n tweede sitarea met 'n see-uitsig. Daar is lugversorging regdeur die woonstel.

Gratis WiFi is beskikbaar. DStv Premium is ingesluit en gaste kan ook Netflix, YouTube, ens. stroom. Bordspeletjies en 'n verskeidenheid boeke word voorsien.

Gaste kan al die voordele van die Santorini-sekuriteitslandgoed geniet, soos direkte toegang tot die strand, swembaddens, swembaddens vir kinders, 'n klimraam, 'n groot grasspeelarea by Thompsons-baai, 24 uur-sekuriteitspatrollies, heinings rondom die perseel, geslotekringtelevisiekameras en meer. Die woonstel het 'n aangewese toesluitmotorhuis. Daar is ekstra besoekersparkeerplek op die landgoed indien gaste met meer as 1 voertuig kom.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Erika M
Gesin met klein kinders
5.0
Everything here was perfect, beautiful and relaxing! We enjoyed our stay very much. Everything here was perfect, beautiful and relaxing...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Manus J
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasies! Groot bederf! Wow! Ongelooflikste see uitsig! Baie spasie! Baie netjies! Nadia het ons bederf met 'n geskenkie vir ons huweliksherdenking!
Okt 2024
Minda V
5.0
Somer, son en see! Ons gesin het 'n heerlike Kerstyd daar gehad! 9 Perissa is ruim, goed toegerus en versorg, en het 'n fantastiese see-uitsig en lief...
Sien meer
Des 2023
Rufus N
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek. Goed toegerus. Mooiste uitsig oor die see. 'n Plek om heerlik te ontspan! Sien sterre.
Okt 2023
Debbie B
Gesin met tieners
4.8
Fantastiese eenheid! Fantastiese eenheid- mooiste see-uitsig en pragtige dekor en uitleg. Alles was gerieflik en ons het geen tekortkominge gehad nie-...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Ryan Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 18

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Ocean View-rylaan 101, Shaka's Rock, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Paradise @ 9 Perissa Santorini het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 150
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 3 150
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean View-rylaan 101, Shaka's Rock, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6963a40835b99ba708f4c8bbb928a5d6e15e03f69111c118a7c028450d00390cbc23ddf8ba39c3e2fc50c3d0b095824dd691?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 150 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 101 Ocean View Drive Shaka's Rock 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -29.52556965135 31.226635824832

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang