Paradise Lodge Safari
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516 Rooiberg/Thabazimbi-weg, Mabalingwe Natuurreservaat, Itaga 24, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Paradise Lodge Safari is in die Greater Mabalingwe Wildreservaat geleë wat spog met meer as 2000 wild, soos olifante, renosters, seekoeie, buffels, leeus en soms kan 'n luiperd ook gewaar word. Die verblyf is ideaal vir natuurliefhebbers en wildfotograwe, en is ook 'n lekker wegbreek vir die hele gesin. Gedurende Desember broei die voëls en baba vlakvarkies baljaar in die bosse om die huis.
Dié lodge het 5 slaapkamers met lugversorging en hul eie badkamers. Kamer 1 is op die onderste verdieping en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Dié kamer het ook 'n lessenaar en elektroniese kluis. Kamer 2 het 2 driekwartbeddens en 'n ekstra bed wat dit ideaal maak vir kinders. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Kamer 3 en 4 het albei 2 driekwartbeddens en en suite-badkamers met storte, toilette en wasbakke. Die Wittebrood-suite is op die eerste verdieping en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n groot instapstort, toilet en wasbak. Dié kamer het ook toegang tot die balkon met asemrowende uitsigte oor die bosveld.
Die huis het 'n oopplan-kombuis met alles wat jy nodig het vir selfsorgverblyf. Daar is ook 'n eetkamerarea met oorgenoeg sitplek en 'n sitkamerarea met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met OpenView-kanale. Daar is ook 'n gastetoilet in die leefarea. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Daar is braaigeriewe en 'n klein swembad. Braaihout kan teen ekstra koste voorsien word. Daar is ook 'n motorafdak vir 2 voertuie. Klein kinders moet deur volwassene dop gehou word by swembad, ons aanvaar geen verantwoordelikheid.
Greater Mabalingwe het 'n padstal, groot swembad, 2 tennisbane en 2 muurbalbane. Die hooflodge het 'n restaurant en kroeg op die perseel, asook 'n verhitte swembad. Perdry en boogskiet kan by ontvangs bespreek word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Leen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 49
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R516 Rooiberg/Thabazimbi-weg, Mabalingwe Natuurreservaat, Itaga 24, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Paradise Lodge Safari het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mabalingwe Nature Reserve Limpopo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516 Rooiberg/Thabazimbi-weg, Mabalingwe Natuurreservaat, Itaga 24, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang