Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paradysrus

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Speciosa 5, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Paradysrus is 'n bekoorlike ateljeekothuis in die rustige en skilderagtige woonbuurt Paradyskloof in Stellenbosch. Dit is op dieselfde perseel as die eienaars se woning geleë en bied 'n aparte en privaat ingang, wat rustige en eksklusiewe verblyf verseker. Dit is net 2 km vanaf Technopark en 4 km vanaf die Universiteit van Stellenbosch en die middedorp, wat dit 'n ideale toevlugsoord maak vir beide werk en ontspanning.

Die smaakvolle ateljeekothuis het slaapplek vir 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die eenheid het 'n slim-TV met gratis WiFi en 'n kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolfoond, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n haardroër, strykyster en -plank vir gaste se gerief.

Die kothuis lei na 'n lieflike binnehof met sitplek en gaste kan ook braaigeriewe versoek. Verder het die perseel 'n sonpaneelstelsel wat deur batterye gerugsteun word.

Paradysrus is gerieflik naby die bekende stap- en fietsryroetes van Stellenboschberg geleë, wat gaste maklike toegang tot buitelugavonture bied. Boonop is talle bekende wynplase net 'n hanetreetjie ver, wat 'n perfekte mengsel van ontspanning en verkenning bied.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Speciosa 5, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Speciosa 5, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2781ee69caf5eef1c0fe8c9c5fa445132644f358c31824b8f597e6923d783a520a65cfa9d25d90c1447182052db241a5d571?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 5 Speciosa Paradyskloof 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.962254430412 18.852957749074

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang