Paternoster Cottage on 21
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandloperstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 500R2 250 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Paternoster Cottage on 21 is 'n selfsorg-eenheid in Paternoster. Dit is ongeveer 50 m van Voorstrand af en is ideaal vir 'n paartjie of 'n gesinswegbreek.
Die kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die 5 gaste is maksimum 4 volwassenes en 1 kind. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n instapkas en 'n ruim en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat 2 enkelbeddens langs mekaar is en 'n enkelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof- en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis lei na 'n leefarea met 'n etenstafel en 4 stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n gietyster-kaggel vir koue aande. WiFi is beskikbaar. Let asb. dat die TV nie aan DStv gekoppel is nie. Daar is wel 'n HDMI-kabel wat gaste in hul persoonlike stroomtoestelle kan inprop om toegang te kry tot hul eie profiele vir mediavermaak.
Die groot dek bied 'n effense uitsig oor die tuin. Daar is 'n ingeboude braai, tafel en stoele. Parkeerplek op die perseel is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Camilla Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 327
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Strandloperstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Paternoster Cottage on 21 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandloperstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang