Ons is jammer om van Bill se ongelukkigheid te veneem. Ek het nooit gesê die stoof is nie lekker nie, slegs dat hulle welkom is om ons te roep as hulle hom nie aan die gang kry nie omdat ons in die verlede 'n gas gehad het wat nie die stoof verstaan het nie. Die stoof werk egter 100%. Wat Bill hulle probeer doen het, is om koue water in 'n swaarboom pot op die gasstoof te kook. Die tipe gasstoof is nie daarvoor toegerus nie en daarom is die kombuis nie normaalweg met 'n swaarboom pot toegerus nie. Hulle het een by ons kom leen. Ek het vir Bill verduidelik dat dit die eerste keer is wat iemand kla dat die gasstoof nie water kan kook nie, maar dit was voordat ek besef het hulle probeer dit met die swaarboom pot doen. Daar is 'n werkende ketel in die kombuis waarmee hulle kon water kook, en ek het dadelik 'n aparte gasbottel met 'n brander gaan haal. Ons adverteer nêrens dat ons skoon drinkwater voorsien nie en is een van die min plekke in Fourieburg wat aanbeveel dat mense nie die munisipale water net so uit die kraan drink nie en eerder hulle eie drinkwater saambring of in die dorp gaan water koop. Ons voorsien wel drinkwater wanneer ons kan, maar omdat ons dit in groot maat in Bethlehem moet gaan koop, adverteer ons dit nie as 'n gegewe nie. Ons het al die elektriese toestelle getoets, en kon nie iets vind wat nie werk nie. Ons adverteer ook nie kuierplek binne in die huis nie, maar het wel 'n lekker braai area met 'n sitkamer en eet area met 'n tafel en stoele onder twee hoë gehalte gazebo's ingerig waar mense lekker kan kuier en braai met 'n uitsig oor die berge. Peerboom gastehuis oortref meesal ons gaste se verwagtinge, en die resensies bevestig baie goeie waarde vir geld. Lees gerus die ander resensies op Lekkeslaap.