PelicanStay
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pelican Bay-weg 4, Pelican Bay Estate, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
- Vanaf R2 600 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
PelicanStay is 'n selfsorghuis op 'n sekuriteitslandgoed in Port Owen. Dit is teen die water in die Port Owen Marina en het 'n privaat jetty.
Die huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 smaakvolle slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eiland met stoele. Die kombuis lei na die eetarea met binnebraaigeriewe wat op sy beurt lei na 'n ruim sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met toegang tot Netflix en YouTube. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die buite-area is 'n lekker plek vir kuier met lieflike braaigeriewe en 'n plonspoel. Parkeerplek op die perseel is vir 2 voertuie beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Pelican Bay-weg 4, Pelican Bay Estate, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pelican Bay-weg 4, Pelican Bay Estate, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang