Pennygum Country Cottages
Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Penny-laan, Drakensberg Tuinpad., Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R890R801 per nag (plek vir 2) -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Pennygum Country Cottages het van die mees manjifieke uitsigte in die suidelike Drakensberg.
Die 4 kothuise is in 'n vreedsame, ongerepte en veilige omgewing, met pragtige gronde, tuine en appelboorde. Die kothuise is pragtig toegerus en die meeste het kaggels vir winter en DVD-spelers. DVD's kan gratis geleen word.
Al die kothuise het braaiplekke waar jy buite kan sit en op 'n Weber-braai, die vele spesies van voëls kan dophou of na die sterre kan staar in 'n hemelruim met bykans geen ligbesoedeling nie. Die tuine het baie skadubome waaronder gesit kan word in die hitte van die dag en daar is 'n swembadjie tydens die seisoen.
Tydens die somerseisoen bied ons riviervlotvaarte en tjoepry op die perseel aan en kan ook perdry of uitstappies na Sani-pas in die nabygeleë Lesotho reël. Pennygum is 'n uitmuntende basis - slegs 6,4 km vanaf Underberg - vanwaar u die omliggende streek en wêrelderfenisgbied kan ondersoek.
African Dreams is 'n 'wittebrood'-rondawel met 'n grasdak waarin 2 tot 4 mense kan slaap. Dit het 'n dubbelbed, 'n dubbelslaapbank, vuurherd, 2 badkamers en volle kombuis, asook 'n sitarea buite met puik uitsigte.
Lavender-kothuis het 1 en suite-dubbelkamer, 1 en suite-kamer met 2 enkelbeddens, 'n volle kombuis, DVD-speler en sitarea buite, met wonderlike uitsigte.
Appel-kothuis het 'n wonderlike uitsig en 'n lieflike braaiplek buite onder skadubome. Daar is 1 kamer met 'n koningingrootte-bed, 1 dubbelkamer en 1 kamer met 2 enkelbeddens asook 'n dubbel-slaapbank en 2 badkamers. Dit het 'n kaggel en lieflike kombuis met 'n groot stoof en aparte eetarea.
Die gesinskothuis is 'n dubbelverdiepinghuisie en het slaapplek vir 10 gaste in 3 dubbelbeddens en 4 enkelbeddens. Dit het sy eie tuine en motorpad, 'n volledige kombuis, kaggel, DVD-speler, 2 badkamers en 'n wonderlike veranda met 'n uitsig oor die berge.
Die kothuise word daagliks skoongemaak en maaltye kan voorberei word op versoek met 24 uur-kennisgewing. Spyskaarte is op versoek beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Pierre Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 43
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Penny-laan, Drakensberg Tuinpad., Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Pennygum Country Cottages het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Underberg Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Penny-laan, Drakensberg Tuinpad., Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang