Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Perdehoef Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loopstraat 51, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Vanaf R820 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Perdehoef Gastehuis in Richmond, Noord-Kaap bied gerieflike oornagverblyf tussen Johannesburg en Kaapstad. Dit is sentraal naby restaurante en winkels.

Dié gastehuis beskik oor 3 eenhede en het plek vir tot 10 gaste.

Eenheid 1 het ‘n koningingrootte-bed, 2 stoele en ‘n lessenaar. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het ‘n stort, toilet en wasbak. Daar is ook ‘n yskas, mikrogolf, ketel, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Eenheid 2 het ‘n dubbel- en enkelbed. Die en suite-badkamer het ‘n stort, toilet en wasbak. Daar is ook ‘n yskas, mikrogolf, ketel, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die stoof en yskas is in ‘n aparte vertrek. Daar is ook sitplek en ‘n lessenaar.

Eenheid 3 is die gesinskamer en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Daar is ook ‘n yskas, mikrogolf, ketel, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Elke eenheid het ‘n waaier in die somer en elektriese komberse en muurverwarmers in die winter. Daar is oorgenoeg veilige parkeerplek op die perseel agter ‘n elektriese heining.

Daar is ‘n restaurant 300 m van die gastehuis af, asook ‘n museum, boekwinkels en bergstaproetes.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 97 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Theo H
Saam met lewensmaat
5.0
Everything found as per website. Friendly reception, safe parking area behind locked gates. All found neat and clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Mariette S
5.0
Was baie laat a.g.v. verkeer, deurentyd kommunikasie en vriendelike ontvangs. Goeie oornagverblyf.
Mei 2024
Jannien K
Gesin met tieners
5.0
Heerlik. N vinnige oornag, maar netjies en skoon.
Mei 2024
John M
Saam met lewensmaat
5.0
Convenient, all that was needed. Fine, no problem, everything in order.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Loren E
Saam met vriende
5.0
Clean, pleasant and safe. A comfortable stayover on my drive from Pretoria to Cape Town. It is just off the N1, in a very clean little ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 97

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Loopstraat 51, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Gaste dink Perdehoef Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 820
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 820
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loopstraat 51, Richmond, 7090, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA84MhY2WQnyaOk2ujkuoIEwkLlCQH8gFGslW5Z9qEmZo02oS3KQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R820 per nag (plek vir 2) 97 5 1 5 51 Loop Street Richmond 7090 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -31.413209582598 23.943867409616

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang