Yingwe Self-catering Lodge
Kry 20% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Silonque Bush Estate, Phalaborwa, 1390, Limpopo
-
Vanaf
R3 000R2 400 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Yingwe Self-catering Lodge is in Silonque Holiday Estate geleë en bied gehalte-verblyf aan ’n klein gesin of groep vriende. Die huis het ’n uitsig oor die Krugerwildtuin en is binne maklike bereik van die Phalaborwahek.
Die huis bied slaapplek aan 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 volwassenes. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het wat in 'n dubbelbed omskep kan word. Elke kamer het ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, toilet en dubbelwasbak.
Die kombuis is toegerus met ’n stoof, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n skottelgoedwasser. Daar is sonpanele en 'n battery wat elektrisiteit tydens beurtkrag sal voorsien.
Die ruim leefarea het gerieflike sitplek en ’n TV met basiese DStv-kanale en 'n DVD-speler. Daar is ’n eetarea en die leefarea lei na die stoep met buitemeubels, braaigeriewe en ’n plonspoel wat op versoek verhit en as 'n warmbad gebruik kan word. Gaste het toegang tot gratis WiFi. Die verblyf het sonkrag en 'n battery so die enigste dinge wat nie sal werk nie is die stoof en 1 van die lugversorgers.
Die Silonque Holiday Estate bied ’n swembad en tennisbaan. Dié oord het 10 huise en bied 'n gevoel van eksklusiwiteit. Diere beweeg vrylik op die oord rond, so gaste kan verwag om kameelperde, vlakvarke, olifante, koedoes, waterbokke, ystervarke, aardvarke, impalas, steenbokke, grys duikers, hiëna, sivetkatte en selfs 'n luiperd te sien, as hulle gelukkig is. As gevolg hiervan word troeteldiere ongelukkig nie toegelaat nie.
Wildritte in die Krugerwildtuin kan gereël word.
Die oord is slegs 15 minute se ry van die Phalaborwahek af na die wêreldbekende Krugerwildtuin. In die Krugerwildtuin kan gaste ook op ’n selfry-safari of begeleide wildrit gaan, asook ’n voëlkyktoer, bosbraai of wildwandeling. Gaste kan gerus op die nagrit gaan as hulle die groot katte wil sien. ’n Jagluiperd en haar welpies is al 2 km vanaf die Krugerwildtuin gesien.
Ander besienswaardighede in die area sluit in die Blyderivier-canyon en die Panoramaroete met sy pragtige watervalle, kranse, canyons en selfs reënwoude. Gaste kan ook God's Window, Bourke's Luch Potholes, Mac Mac-val, Belinval en Three Rondavels besoek. Die personeel kan uitstappies vir gaste in die Krugerpark reël, asook ’n riviersafari en township-toer met 'n privaat gids.
Wanneer die bespreking gefinaliseer is, sal gaste 'n elfbladsy-gids met nuttige inligting ontvang.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Guido Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Silonque Bush Estate, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Gaste dink Yingwe Self-catering Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Phalaborwa Laeveld Limpopo
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Silonque Bush Estate, Phalaborwa, 1390, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang