Phillipskop Mountain Reserve
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 35 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Phillipskop Mountain Reserve, Langs die R326, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Vanaf R2 050 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Phillipskop Mountain Reserve is teen die suidelike hange van die Kleinrivierberge geleë. Dié reservaat is 246 hektaar groot en net 35 km vanaf Hermanus en 13 km van Standford af. Die uitsigte oor die Overberg tot by Gansbaai en Akkedisberg is absoluut asemrowend.
Verblyf word gebied in 'n aantal selfsorgkothuise aan die hange van die Kleinrivierberge met lieflike 360º-uitsigte.
Die ruim kothuise is soos chalets ingerig. Elke kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim oopplan-kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n suite-badkamer en die ander twee slaapkamers deel 'n badkamer, albei met bad- en stortgeriewe.
Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n groot yskas-vrieskas, gasstoof, en 'n mikrogolfoond. Die helder, gerieflike leefarea het 'n stoof wat met hout gestook word in die winter. Die houtdek aan die voorkant bied luisterryke uitsigte oor die Overberg en aan die agterkant van elke kothuis is daar 'n braai-area met 'n uitsig op Phillipskop. Onder die kothuise is 'n natuurlike swembad wat oornaggaste kan gebruik.
Die kothuise word omring deur pragtige natuurlike plantegroei en gaste kan gerus die reservaat verken. Phillipskop Bergreservaat het heelwat staproetes en die enigste rotskuns aan die Walviskus is daar te vinde. Doen gerus navraag oor begeleide staptogte.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Christopher Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Phillipskop Mountain Reserve, Langs die R326, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Gaste dink Phillipskop Mountain Reserve het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 35 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Phillipskop Mountain Reserve, Langs die R326, Stanford, 7210, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang