Phumelo Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Cyberfontein 16, D908, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R2 990 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Phumelo Lodge bied luukse verblyf, verwelkomingsdrankies, ontbyt, 'n driegang-aandete en 'n lieflike 2 uur-lange wildrit. Phumelo Lodge is in 'n privaat Groot 5-wildreservaat van 12000 hektaar teen 'n heuwel. Die lodge is in die Waterberge, 50 km vanaf Bela-Bela geleë en het 'n uitsig oor 'n rivier.
Verblyf word in 4 grasdak-eenhede met 'n Afrika-tema aangebied. Elke eenheid is smaakvol gemeubileer en het 'n koninggrootte-hemelbed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is ook lugversorging, 'n platskerm-TV met Netflix, koffie- en teemaakgeriewe, warmsjokolade, komplimentêre beskuit en fynproewerskoekies.
Elke chalet het 'n dek wat reg rondom die huis strek met stoepmeubels wat waterbestand is. Maaltye word in die hoofgebou se eetarea bedien. Middagete is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Die lodge het ook 'n gastesitkamer emt toegang tot gratis WiFi en 'n swembad.
Gaste kan laatmiddag 'n wildrit saam met 'n ervare wildbewaarder in 'n oop wildkykvoertuig geniet teen 'n ekstra koste per persoon. Dié wildritte sluit peuselhappies en drankies teen 'n addisionele koste in, sowel as komberse om die koue te verdryf.
Phumelo Lodge is in die Mabalingwe Natuurreservaat geleë. Dié privaat wildreservaat spog met olifante, leeus, luiperds, renosters, seekoeie, buffels, kameelperde, sebras, wildebeeste, hiënas, vlakvarke en 'n rits verskillende bokke en voëls.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Doreen/Rita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 26
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Cyberfontein 16, D908, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Phumelo Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Mabalingwe Nature Reserve Limpopo
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Cyberfontein 16, D908, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang