Plaas Goedemoed
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R102, Deel 13 van Dwarsweg Plaas, Mosselbaai, 6523, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Plaas Goedemoed is 'n lieflike en ruim kothuis op 'n pragtige plaas net 9 km buite Groot-Brakrivier. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek ver van die gedruis van die stad.
Ozzy bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n aparte slaapkamer met 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die hoofleefarea is oopplanen beskik oor 'n kombuis en sitarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, konveksie-oond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die kombuis lei na die sitarea met 'n dubbelslaapbank, 'n gaskaggel en 'n TV met volledige DStv. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Skuifdeure lei na 'n eetarea met sitplek vir 6 gaste en ingeboude binnebraaigeriewe. Daar is ook 'n koffiestasie. Hierdie area het stapeldeure wat heeltemal kan oopskuif en lei na die groot grasperk waar gaste met 'n oggendkoffie of skemerkelkie kan ontspan.
Lizzy is 'n eenslaapkamer-eenheid met slaapplek vir 2 gaste. Daar is “n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die oopplan-leefarea het 'n eetarea, sitarea en 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, yskas, konveksie-oond, mikrogolf en 'n broodrooster toegerus is. Daar is 'n gaskaggel en 'n TV in die kombuis en die eetarea en braai-area het 'n ingeboude braai en glasdeure wat oopskuif sodat jy 'n uitsig op die Outeniekwaberge kan geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Janean Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- R102, Deel 13 van Dwarsweg Plaas, Mosselbaai, 6523, Wes-Kaap
- Gaste dink Plaas Goedemoed het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R102, Deel 13 van Dwarsweg Plaas, Mosselbaai, 6523, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang