Port St Johns River Lodge
- Kapasiteit: 66 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, Mthatha-teerpad, Port St. Johns, 5120, Oos-Kaap
- Vanaf R950 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Port St Johns River Lodge is op die oewer van die Umzimvubu-rivier in Port St. Johns geleë. Dit is tussen Mount Thesiger en Mount Sullivan en die dorp is onder die natuurliefhebbers bekend vir sy eindelose voetslaanroetes, asemrowende strande, riviermonding en skilderagtige landskap.
Die lodge bied gehalteverblyf in hotelkamers of losstaande selfssorg-chalets. Al die hotelkamers het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, asook ander geriewe soos 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe.
Die chalets is ideaal vir gesinne of 'n klein groep vriende en elke eenheid het 'n privaat braai-area en 'n stoep met berguitsigte. Daar is ook tuine. Die kombuisies is met selfsorgbenodighede toegerus en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in elke eenheid.
Gaste kan in die gemeenskaplike swembad afkoel, verversings by die kroeg geniet, by die restaurant op die perseel eet of die gimnasium, pooltafel en veerpyltjiebord op die perseel geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Beranise Snyman Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- R61, Mthatha-teerpad, Port St. Johns, 5120, Oos-Kaap
- Gaste dink Port St Johns River Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Port St Johns Wildekus Oos-Kaap
- Kapasiteit: 66 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, Mthatha-teerpad, Port St. Johns, 5120, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang