President Paul Kruger Guest Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 35 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waterkloof plaas 16, Langs die R24, , 0299, Noordwes
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
President Paul Kruger Guest Lodge is op 'n kleinhoewe net 7 km vanaf Rustenburg geleë, en vorm deel van die plaas, Waterkloof, wat president Paul Kruger in 1841 ontvang het.
Die gastehuis is in 'n pragtige tuin geleë en bied gaste 'n keuse van kamers wat tussen 1 en 4 mense kan akkommodeer. Elkeen van die kamers het 'n privaat ingang en maak oop op 'n stoep wat oor die tuine uitkyk.
Die kamers is ingerig met 'n dubbelbed en enkelbeddens, en elke kamer het 'n privaat badkamer met stort; van die kamers het ook baddens. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring. Elkeen van die kamers is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n TV. Rook word nie in die kamers toegelaat nie.
Ontbyt word in die Ossewa Restaurant, op die perseel bedien, en ander etes kan vooraf bespreek word. Paul Kruger Guest Lodge bied ook fasiliteite vir funksies vir tot 30 gaste.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe, en parkeerplek is beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Meer as 125 voëlspesies is in die tuin geïdentifiseer, en die tuin is die tuiste van bome wat meer as 100 jaar oud is. Verskeie geocaches kan ook in die tuin gevind word. President Paul Kruger Guest Lodge is 5 km vanaf die Waterfall Mall en die N4, en 7 km vanaf Rustenburg.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Pamela Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Waterkloof plaas 16, Langs die R24, , 0299, Noordwes
- Gaste dink President Paul Kruger Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Rustenburg Noordwes
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 35 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waterkloof plaas 16, Langs die R24, , 0299, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang