Proleefic House on Florence
Beskrywing
Die kamer het 'n dubbelbed, 'n badkamer met 'n stort en 'n kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolf, stoof, eetgerei en basiese breekware toegerus is. Verder is daar lessenaar met 'n stoel en tee- en koffiemaakgeriewe. Basiese toiletware word voorsien, asook handdoeke wat elke tweede dag geruil word. Verder is daar 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en gratis, onbeperkte WiFi.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet met bidet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg. Gaste het toegang tot 'n privaat kombuis en badkamer. Gaste ontvang basiese toiletware en handdoeke wanneer hul arriveer. Die kamer het 'n skoon dubbelbed, lessenaar en tafel, sowel as koffie- en teemaakgeriewe met koffie, melk en suiker. Gaste het 'n privaat sitkamer met 'n TV en DStv. Daar is 2 ingange; 'n skuifdeur voor die eiendom en een aan die agterkant van die eenheid. Hierdie ingang bied ook toegang tot 'n groot erf en gedeelde braai-area. Die eiendom word gemonitor deur kamera's en is in die sorg van 'n betroubare sekuriteitsfirma.
Huisreëls
- Stel asb. die instansie in kennis indien enige ekstra geriewe benodig word. Die instansie sal hul bes doen om dit aan te skaf en gaste kan hul terugbetaal tydens inklok.
- Indien gaste met kinders reis, moet hul asb. die instansie in kennis stel van enige addisionele ondersteuning of geriewe wat benodig word. Ekstra fooie sal gehef word indien dit nodig is.
- Gaste moet asb. onthou om die sleutels by die eienaar of eiendom bestuurder te los tydens uitklok. A R500 boete sal gehef word indien die sleutels nie oorhandig word nie.
- 'n Stel handdoeke word tydens inklok voorsien. Die handdoeke word saam met die beddegoed elke derde dag vervang.
- Die instansie bied nie 'n wasgoeddiens nie, maar reëlings kan getref word met die bestuurder teen 'n addisionele koste.
- Proleefic House on Florence kan nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies of skade aan gaste se eiendom nie.
- 'n Strykplank en -yster word voorsien. Gaste word aanbeveel om dit te gebruik en nie strykwerk op die bed te doen nie.
- Vir veiligheidsdoeleindes moet gaste asb. seker maak dat deure gesluit is wanneer hulle die eenheid verlaat.
- Indien 'n gas die laaste persoon is om 'n vertrek te verlaat, moet hul asb. seker maak dat die ligte afgeskakel is.
- Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Slegs gaste wat betaal het mag op die perseel wees.
- Rook is streng verbode. Rook asb. buite. Indien gaste gevang word om te rook in enige gebou of kamer, sal 'n boete van R500 gehef word en die persoon sal gevra word om die perseel te verlaat sonder terugbetaling. Hierdie reël geld ook vir kamers wat ruik na rook. Geen rook naby 'n venster word toegelaat nie.
- Die braai-geriewe buite is beskikbaar vir alle gaste om te gebruik. Dit moet skoongemaak word na gebruik.
- Respekteer asb. ander gaste en hou geraasvlakke laag, veral na 22:00. Dit geld ook vir groepbesprekings.
- Daar is 3 parkeerplekke op die perseel wat beskikbaar is op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis. Wanneer die parkeerplekke vol is, kan voertuie buite die hek parkeer. Alhoewel Oakdale 'n veilige area, word gaste aanbeveel om alle waardevolle goedere uit die voertuig te verwyder.
- Proeleefic House on Florence kan nie verantwoordelik gehou word vir enige skade/verlies/inbrake of boetes wat verband hou met gaste se voertuie nie, en ook nie enige verlore of gesteelde persoonlike besittings nie.
- Alle breekware en potte moet deur gaste skoongemaak en weggepak word. Opwasmiddel sal voorsien word.
- Eet en drink word oral binne die perseel toegelaat, maar gaste word gevra om agter hulself skoon te maak en die vullisdromme wat voorsien word te gebruik enige ongewenste items weg te gooi.
- Die perseel moet asb. skoon wees ten alle tye.
- Geen troeteldiere word toegelaat nie.
- 'n Kaartfasiliteit is by die instansie beskikbaar. Waar moontlik, word gaste aanbeveel om van hierdie fasiliteit gebruik te maak in plaas van kontantbetalings.
Kansellasiebeleid - Gaaf
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 48 uur voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 48 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
Die aparte oopplan-woonstel het 'n privaat ingang en dit grens aan die hoofhuis. Daar is 'n dubbelbed, 'n badkamer met 'n stort, 'n sitarea en 'n kombuis wat met 'n yskas, stoof, en mikrogolf toegerus is. Verder is daar 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n ketel, tee, koffie, melk, suiker, 'n lessenaar en stoel. Maskers en hand-ontsmettingsmiddels word voorsien.

- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Florence-straat 12, Oakdale, Bellville, Kaapstad, 7530, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang