Protea Accommodation
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sarel Cilliers-straat 6, Wilgenhof, Kroonstad, 9500, Vrystaat
- Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Protea Accommodation bied gerieflike verblyf vir 2 gaste in Kroonstad.
Die oopplan-eenheid het lugversorging, 'n privaat ingang, 'n koninggrootte-bed met 'n elektriese kombers, en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad en 'n toilet.
Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, en gaste kan in die sit-area voor die TV met DStv-kanale ontspan. WiFi is beskikbaar.
Kroonstad is op die oewer van die Valsrivier geleë en bied gaste 'n rits aktiwiteite, soos visvang, fietsry, voetslaan, verskeie historiese geboue, sowel as winkels, kafees en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Sarel Cilliers-straat 6, Wilgenhof, Kroonstad, 9500, Vrystaat
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sarel Cilliers-straat 6, Wilgenhof, Kroonstad, 9500, Vrystaat