Pumba's Place Zebula 6 Bedroom House
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zebula, plaas nommer 534 KQ, D1000, Mabula-streek, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Pumba's Place Zebula 6 Bedroom House is op die Zebula Gholflandgoed & Spa en bied 'n asemrowende uitsig op die Waterberg.
Die huis is geskik vir 12 gaste en het 6 en suite-badkamers. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n koninggrootte-bed het en die ander 4 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het lugversorging en plafonwaaiers. Die eerste 4 badkamers het elk 'n stort en die ander 2 het elk 'n bad.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n kaggel en dit lei na 'n eetarea met sitplek vir 12 gaste. Die eetarea kan met gordyne afgesper word tydens ongure weer. Die tweede sitarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die huis het ook 'n pooltafel.
Gaste kan kies tussen die binnebraai of die massiewe boma. Die uitkykdek bied 'n ononderbroke uitsig oor die Waterberg. Daar is ook 'n lekker swembad.
Zebula Gholflandgoed en Spa is die ideale wegbreek vir ontspanningreisigers wat in 'n luukse natuuromgewing wil rus. Die ongeëwenaarde bos-, gholf- en spa-ligging is op 1600 hektaar in die skadu van die Waterberge in 'n malariavrye gebied geleë. Gaste kan nabye en persoonlike wildbesigtigings op 'n wildrit in die aangrensende Mabalingwe Natuurreservaat geniet. Zebula het 'n wye verskeidenheid wild, voëls en kleinwild, asook 'n manjifieke landskap. Besoekers kan die interaksies met verskeie wild soos meerkatte geniet. Vakansiegangers wat van aksie en avontuur hou kan deelneem aan aktiwiteite soos kleiteikenskiet, vlugbal, boogskiet en verfbal. Gaste wat tyd op hul eie wil spandeer kan Zebula se spa besoek wat 10 privaat behandelingskamers en 'n dek met skoonheids- en gesondheidsbehandelings bied. Die landgoed het 'n wêreldklas 18 putjie-gholfbaan wat deur Peter Matkovich ontwerp is. Gaste kan 'n uitdagende potjie gholf op die 72 baansyfer-gholfbaan met die Afrika-landskap in die agtergrond geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Dillon Geverifieer
Eiendomme 71
Resensies 206
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Zebula, plaas nommer 534 KQ, D1000, Mabula-streek, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Pumba's Place Zebula 6 Bedroom House het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zebula, plaas nommer 534 KQ, D1000, Mabula-streek, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang