Purple House B&B and Self catering
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Brandstraat 323, Smithfield, 9966, Vrystaat
- Vanaf R890 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Purple House in Smithfield is een van die oudste, lekkerste gastehuise in die Vrystaat en het boonop lugversorging. Die eienaar bestuur die gastehuis en is altyd beskikbaar. Die huis het 'n kragopwekker.
Die Halfmaan-kamer is 'n moderne en ruim rondawel. Dit het 'n aparte badkamer met 'n stort. Die kamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Nog 'n enkelbed is op versoek beskikbaar. Daar is 'n kombuisie en satelliet-TV, asook elektriese komberse, perkallinne en donsveerduvets vir die koue aande.
Die Kwartmaan-kamer is 'n moderne en ruim kamer in 'n rondawel. Dit beskik oor 'n aparte badkamer met 'n stort. Die koninggrootte-bed kan in 2 enkelbeddens omskep word. Nog 'n enkelbed kan op versoek bygevoeg word. Verder is daar 'n kombuisie, satelliet-TV, elektriese komberse, perkallinne en donsveerduvets.
Die Pierneef-kamer is mooi en gerieflik met lugversorging, dennehout-vloere en hoë plafonne. Die eenheid spog met 'n ekstra-lang koningingrootte-bed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Dit het gratis WiFi. Volle DStv is ook beskikbaar met 2 gemaklike stoele. Perkallinne, donsveerduvets en elektriese komberse word voorsien.
Die Galerykamer het 2 enkelbeddens, 2 leunstoele en 'n en suite-badkamer met 'n stort in die kamer. Volle DStv en gratis WiFi is beskikbaar.
Die Gecko-kothuis het lugversorging in die slaapkamers en slaapplek vir 5 gaste. Daar is 2 slaapkamers in die kothuis. Die een kamer het 'n dubbelbed en die ander een het 3 enkelbeddens. Daar is 'n kombuis en 'n badkamer met 'n aparte gas-stort. Dit is ideaal vir gesinne wat wil oornag of selfs kontrakteurs wat langer wil bly. Dit is gerieflik ingerig en het elektriese komberse, perkallinne en donsveerduvets.
Gratis WiFi is beskikbaar.
Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien in die kombuis, en daar is ook 'n klein kafee in die tuin. Aandete en ontbyt word in die huis of op die veranda bedien. Jy kan ook jou ete in die lieflike teetuin langs die dammetjie geniet. Die huis het 'n privaat bioskoop vir vermaak. Die vertonings moet vooraf gereël word.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Johann Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 53
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Brandstraat 323, Smithfield, 9966, Vrystaat
- Gaste dink Purple House B&B and Self catering het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Smithfield Vrystaat
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Brandstraat 323, Smithfield, 9966, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang