Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Quest Bed and Breakfast

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strathblane-weg 51, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Quest B&B is in Melkbosstrand geleë. Die gastehuis is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf, na aan die strand en ander besienswaardighede aan die Weskus.

Verblyf word aangebied in 4 slaapkamers wat smaakvol versier is. Die kamers beskik elk oor óf 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite- of aparte badkamer met 'n stort en/of 'n bad, 'n wasbak en toilet. Ander geriewe in al die kamers sluit in: gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n elektroniese kluis, 'n haardroër en komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe.

'n Heerlike ontbyt word in die eetkamer bedien. Die gastehuis het ook 'n gemeenskaplike kombuis wat goed toegerus is vir gaste wat graag self hul eie maaltye wil voorberei. Daar is 'n gemeenskaplike leefarea waar jy kan ontspan, 'n kroeg-area met 'n groot platskerm-TV vir jou vermaak en 'n swembad waarin jy lekker kan afkoel. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie op die perseel, met 24 uur-sekuriteit.

Quest B&B is stapafstand van die strand af en ook nie te ver van verskeie winkels, restaurante en binne- en buitemuurse-doendinge af nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 66 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Helana C
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing. Our stay was very relaxing and peaceful. The breakfast was delicious and the room was neat and comfortable. We are definitely...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Lizanne H
Gesin met tieners
5.0
Rustige en veilige omgewing. Sal beslis weer daar bly. Baie lekker gebly, dankie.
Jan 2025
Elvounia V
Saam met vriende
5.0
Netheid en gasvryheid is tops! Dit was wonderlik en rustig. Ek het myself geniet. Oh, en die breakfast is tops. Ek sal enige persoon aanbeveel.
Des 2024
Ronel M
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelik, skoon, gasvry. Baie gasvry, kamers is netjies en gerieflik, baie privaat. Ontbyt was heerlik. Dankie vir julle gasvryheid.
Apr 2024
Rosemary V
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely lovely. Thank you Sharon! My brother and I thoroughly enjoyed our stay at this lovely bed and breakfast. We will tell all ou...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Sharon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Strathblane-weg 51, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Quest Bed and Breakfast het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strathblane-weg 51, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBhOWY4MzE2LWM1NjItNGVlZC05ZGZhLWQzZjE1OWZhNjI2MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 66 5 1 5 51 Strathblane Way Melkbosstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.73665 18.44202

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang