Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rest a Bit at Glentana

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Andrei Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 10 jaar

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 31 resensies vir Rest a Bit at Glentana
Netheid
4.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5
Barend G - Jul 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Barend G

Kon bietjie lekker uitrus.

Baie goed ingerig met 'n eenheid, met stoof en oond, wasmasjien en tuimeldroeër was baie gerieflik. Honde vriendelik vir my pomeranians en die gerustheid dat my motor in die garage kon slaap was wonderlik. Die area is baie veilig. Loopafstand van die strand. Met uitsig vanuit die kamers en kan golwe hoor. Baie lekker gebly. Sal vir seker weer kom.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Baie dankie vir julle terugvoer. Ons sien uit daarna om julle weer te ontvang.
Groete, Andrei

Rest a Bit at Glentana
Marlene V - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marlene V

Gerieflik, skoon, naby die strand.

Wat 'n pragtige ruim plek en binne 'n paar minute se loop is jy op die strand. Ons het ook die voorreg gehad om die eienaars te ontmoet wat ons ongelooflik welkom laat voel het. Al wat kort is 'n braaitang, gewoonlik het ons een in die kar, maar hierdie keer het ons vergeet om hom in te laai. Ons sal beslis weer daar gaan bly.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Baie dankie vir die sê van die braaitang. Ons koop dadelik een.
Groete, Andrei

Rest a Bit at Glentana
Sariana J - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sariana J

Lekker gekuier.

Die woonstel het alles gebied wat jou nodig het. Baie netjies en skoon. Stapafstand van strand, met jong kleuters het ons wel verkies om eerder te ry na hoofstrand. Baie dankie vir 'n lekker kuier!

Karin V - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Karin V

Dis is baie gerieflik. Ons het lekker gekuier.

Ons het lekker gekuier. Die weer was lekker gewees. Ons waardeer die voorsiening vir gasplaat vir wanneer dit loadshedding was. Alles was gerieflik ingerig.

Quinten B - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Quinten B

Awesome, baie netjies en waarde vir geld. Eienaar ontmoet wat awesome mense is. Dankie vir 'n lekker kuier.

Dankie vir die uitstekende verblyf en gasvryheid. Sal definitief weer gaan. Kan dit gerus aanbeveel.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Dit was ons voorreg om julle te ontmoet. Ons sien uit daarna om julle eendag weer te ontvang. Ronnie en Andrei Heys

Rest a Bit at Glentana
Anonieme gas - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
4/5
Anonieme gas
Karin V - Nov 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karin V

Baie gerieflik, nie te ver van die strand nie.

Ek en my ma het die tyd baie geniet. Die woonstel is gerieflik ingerig. Die stilte met net die gedruis van die see is baie rustig. Ek is ook bly oor die heining om ons honde in te hou. Baie dankie.

Thinus P - Nov 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thinus P

Aangenaam verras

Baie lekker gebly, daar is alles en meer wat jy nodig het. Skoon en netjies, sal beslis weer daar bly.

Connie K - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Connie K

Baie netjiese en skoon verblyf. Mense baie vriendelik en hulpvaardig.

Sal defintief aanbeveel.

Lana R - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lana R

Oulike plek!

Dit is regtig 'n baie oulike plek. Ruim, goed toegerus, netjies en smaakvol. Kan dit enige tyd aanbeveel. Sal graag weer daar wil tuisgaan.

Nelis E - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nelis E

Was om in paradys te wees en vergeet van jou eie huis, maar die plek het gevoel soos jou eie plekkie by die see.

Dit was die heel beste plekkie om te kon bespreek. Gee regtig die gevoel van jou eie droomplekkie by die see. Dit is perfek vir 'n huisgesin om oor te nag vir vakansietyd. Die plekke doen regtig soos sy naam noem. Perfek ook om jou hondekind saam te neem. Dit is 'n selfsorg-eenheid met warmte, rus, vrede en als wat jy nodig het om jou vakansieplekkie te help geniet.

Talitha D - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Talitha D

Goeie waarde vir geld, lekker ligging - veilig en rustig.

Ons was baie tevrede en sal graag weer daar gaan bly.

Douglas O - Nov 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Douglas O

Kuier was gerieflik en dit was skoon. Het wel internet gemis.

Woonstel is geleë onder die hoofhuis met trappe aan kant van huis om te bereik. Skoon en netjies. Geen internet. Eienaar baie vriendelik en het maklik gekommunikeer.

Stephny J - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stephny J

Ons verblyf was baie aangenaam.

Ons verblyf was baie lekker, dis 'n klipgooi van die see af en baie veilig. Al wat bietjie sleg was is dat ons klein hondjie saam was, maar daar is nie 'n heining/muur aan die onderkant waar jy bly nie.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Beste Stephny,

Baie dankie dat jy ons attent gemaak het aan die heining wat ontbreek he, ons waardeer dit. Ons het in Oktober 'n heining laat aanbring vir die hondjies. As dit nie vir jou was nie, het ons nooit van die behoefte geweet nie. Net om dankie te s^e vir jou hulp, bied ons julle 'n gratis dag aan, as julle weer by ons bespreek.

Vriendelike groete,
Andrei Heys

Rest a Bit at Glentana
Angela B - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Angela B

It was a safe and peaceful stay. We definitely did Rest a Bit!

We had a very nice, relaxing stay at Rest a Bit. The accommodation was everything they promised, clean, neat, very well equipped kitchen and very pet friendly, my dog was safe and happy! We will definitely like to stay there again and will recommend Rest a Bit to all our friends and family.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

It was our pleasure meeting you. Hope to see you soon.
Kind regards,
Ronnie and Andrei

Rest a Bit at Glentana
Deon M - Apr 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Deon M

Lekker rustig en stil. Eienaars baie behulpsaam.

Dankie vir die lekker kuier. Rustig en stil en Glentana is 'n lekker plek om uit te rus en ontspan. Gashere baie behulpsaam en bedagsaam.

Eleanor K - Mrt 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Eleanor K

Rustig en veilig.

Netjies, skoon, baie rustig en veilig.

Lindie N - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lindie N

Baie dankie vir die vriendelikheid en liefde waarmee ons ontvang is.

Dit was vir ons 'n voorreg om by Rest a Bit te kan kuier. Ons het welkom gevoel soos familie. Met 2 woelige kinders is ons met liefde en ope arms verwelkom. Ons wil net weer baie dankie sê vir al die vriendelikheid en liefde wat ons ontvang het. Mag die Here julle seën.

Margaret D - Mrt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Margaret D

Heerlik, rustig en stil - terdeë geniet.

Alles wat mens benodig om gerieflik en sonder stres te rus is daar. Skoon, netjies en die gebruik van die motorhuis is 'n bonus. Ons honde het ook baie lekker gekuier!

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Beste Margaret, baie dankie vir julle terugvoer. Ons waardeer dit. Dit was vir ons 'n voorreg om julle te ontvang. Ons hoop ons sien julle eersdaags weer.

Vriendelike groete.
Andrei Heys

Rest a Bit at Glentana
Michelle L - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Michelle L

Pragtige uitsig.

Netjies, skoon, pragtig.

Pieter J - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Pieter J

Wonderlik en ons honde het dit net so geniet.

Baie netjiese woonstel wat gerieflik ingerig is met alles wat nodig is. Ons het die maand wat ons daar gekuier het baie geniet. Stapafstand vanaf die strand.

Sebastian B - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Sebastian B

Dit was goeie waarde vir geld.

Kombuis is goed toegerus. Klein stoep met braaiplek. Sitkamer met TV. Heeltemal voldoende vir 'n week se vakansie.

Karin V - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Karin V

Baie gemaklik, lekker ingerig.

Die woonstel is baie gerieflik ingerig. Die kamers is lekker groot met genoeg pakplek. Daar is 'n lekker groot TV om te gebruik. Die strand is 'n lekker stappie ver.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Beste Karin,
Baie dankie vir julle terugvoer. Ons waardeer dit. Ons sien uit daarna om julle eendag weer te ontvang.
Groete,
Andrei Heys

Rest a Bit at Glentana
Paul D - Feb 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Paul D

Baie gerieflik, privaat, veilig goeie ligging, sal sterk aanbeveel.

Ons is stiptelik ontvang. Woonstel in puik, skoon, netjiese toestand. Gerieflike 2 slaapkamers wat gemaklik 2 + 3 mense kan akkomodeer. Stapafstand van strand. Veilig en baie netjies. Sal definitief weer van Rest a Bit gebruik maak. Glentana is ook 'n netjiese vooraanstaande strand met pragtige, uitgestrekte strand en baie spasie.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Hi Paul,
Baie, baie, dankie vir julle terug voer op die Webblad. Jy weet niemwat dit vir ons beteken nie. Ons sal julle graag in die toekoms weer wil ontvang.
Groete,
Andrei Heys

Rest a Bit at Glentana
Alwyn N - Jan 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Alwyn N

Heerlik gebly.

Glentana is 'n plek om te rus. Heerlike weer gehad. Strand is veilig en het 'n lekker restaurant met heerlike kos teen baie billike pryse. Beveel Glentana aan.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Beste Alwyn en gesin,
Dit was vir ons 'n voorreg om julle te ontmoet. Ons hoop van harte dat julle eendag weer by ons kom bly. Seënwense vir julle almal vir 2017. Groete, Ronnie en Andrei.

Rest a Bit at Glentana
Isobel R - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Isobel R

Rustig in 'n vriendelike omgewing.

Die eienaars is baie vriendelik. Woonstel is goed toegerus en ons kon regtig 'n bietjie rus.

Frikkie D - Jun 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Frikkie D

Lekker.

Pragtige, rustige, skoon en netjiese plekkie, ons het lekker gerus en ons verblyf so geniet.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Frikkie, baie dankie vir julle terugvoer. Ons waardeer dit. Hoop ons sien julle binnekort weer.

Groete,
Andrei Heys

Rest a Bit at Glentana
Neels O - Mrt 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Neels O

Alles wat nodig is, was in plek.

Ons is betyds ontvang en rondgewys. Die binne- en buitekant was netjies en skoon. Stort en bad was apart. 'n Persoon kan loop en loop op die skoon strand en nie die einde kry nie, fantasties!

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Beste Neels,
Baie dankie vir julle terugvoer. Ons waardeer dit. Ek moet sê, dit is die beste beskrywing wat ek nog ooit van Glentana se strand gelees het. Julle het dit perfek opgesom.
Vriendelike groete,
Ronnie en Andrei Heys

Rest a Bit at Glentana
Pieter E - Sep 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter E

Ek het niks meer as dit nodig nie.

Die eenheid was pragtig skoon en is baie goed toegerus. Ons besoek buite seisoen was heerlik stil en rustig.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Baie dankie vir julle terugvoering, ons waardeer dit. Ons hoop ons sien julle eendag weer. Groete uit 'n droë Vrystaat. Andrei Heys

Rest a Bit at Glentana
Karlien G - Apr 2014
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karlien G

'n Baie rustige wegkomplekkie, met 'n lieflike toegeruste kombuis.

Ons het Rest a Bit baie geniet. Dit was heerlik stil met 'n goed toegeruste kombuis en 'n privaat braaiplek. Ons was egter nie voor die tyd ingelig dat ons ons eie handdoeke moet saambring nie. Met ons aankoms was daar ook nie toiletpapier in die badkamer nie. Hierdie twee dinge het 'n effense skaduwee oor 'n andersins baie lekker tyd gegooi.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Beste Karlien,
Baie dankie vir julle terugvoer. Ons waardeer dit. Ons is baie jammer dat julle nie bewus was van die handdoeke nie. Dit is my fout en ek vra om verskoning, vir die toilet papier ook. Ons hoop van harte julle sal weer by ons kom uitspan eendag.
Groete,
Andrei Heys

Rest a Bit at Glentana
Pat V - Des 2014
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Pat V

'n Week se vakansie by die see in goed ingerigte, gemaklike verblyf.

Rest a Bit was vir ons 'n aangename verassing. Dit is 'n goed ingerigte, netjiese plekkie in 'n mooi stil omgewing, weg van die gewoel van die strandarea. Buiten 'n paar klein foutjies, waarvan die eienaars nie bewus was nie, het ons ons verblyf daar baie geniet, alhoewel ons nie verwag het dat die woonstel 'n deel van die hoofhuis uitmaak nie. Ons was bevoorreg om die eienaars te ontmoet gedurende ons kuiertjie daar en die feit dat hulle op dieselfde perseel was, het glad nie gepla nie. Ons sal enige tyd weer daar bespreek en sal met vrymoedigheid die plekkie aanbeveel vir ander toeriste.

Rest a Bit at Glentana se terugvoer

Beste Pat, baie dankie vir julle terugvoer. Ons waardeer dit. Dit was vir ons 'n voorreg om julle te leer ken. Ons hoop ons hoor spoedig weer van julle en ontvang julle met oop arms.
Groete,
Ronnie en Andrei

Rest a Bit at Glentana
Vanaf R2 400
R2 400 R2 040
per nag, vir 6 mense
Vanaf R2 400
R2 400 R2 040
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekatstraat 17, Glentana, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAded3183bb3b50621e880d2ef62e8a21336063303e95d9c4a062026f3dafe552f15efc490cf305b5edfab8dd3723d94f2d6ac?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 400 nouVanaf R2 040 per nag, vir 6 mense 31 5 1 5 17 Seekat Street Glentana 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.048367218007 22.311074620238
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang